AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Nuwe strategie vir waterpryse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Landbouweekblad-argief
Foto: Landbouweekblad-argief
Die departement van water en sanitasie het ’n nuwe prysstrategie vir ongesuiwerde water in die Staatskoerant (nr. 47197) afgekondig. Belanghebbendes kan tot 3 November kommentaar lewer.

Die departement sê in ’n verklaring die strategie is ’n raamwerk vir die pryse van watergebruik, soos die gebruik van ongesuiwerde water uit riviere, boorgate en/of verskaf deur staatskemas en die afvoer van water na ’n waterhulpbron of grond.

“Kragtens artikel 56 van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) kan die minister van water en sanitasie, tesame met die minister van finansies, elke nou en dan deur ’n kennisgewing in die Staatskoerant ’n prysstrategie bepaal vir enige watergebruik binne die raamwerk van bestaande relevante regeringsbeleid,” luidens die verklaring.

Artikel 56 (3) (a) bepaal dat die prysstrategie op billike grondslag mag onderskei op grond van geografiese gebiede, tussen verskillende kategorieë van watergebruik en ook tussen verskillende watergebruikers.

Die jongste prysstrategie maak voorsiening vir ses watergebruikerskategorieë, pleks van die vorige drie, om volgens die departement die watergebruikersgroepe beter te verteenwoordig en vir duideliker toegespitste tariewe voorsiening te maak.

Die hersiene prysstrategie maak verder voorsiening vir vyf waterhulpbrontariewe, naamlik waterhulpbronbestuur-, waterhulpbroninfrastruktuur-, afvalwaterversagtings-, en ekonomiese reguleringstariewe, asook ’n waternavorsingsheffing.

Geskrewe kommentaar kan gestuur word na pricing-strategy@dws.gov.za of NyabanyabaL@dws.gov.za.

Die strategie word in September op die volgende plekke bespreek: 6 September in eMalahleni, 7 September in Malelane, 8 September in Mbombela, 12 September in Vanderbijlpark, 13 September in Alberton en 14 September in Pretoria.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
+0.0%
Rand - Pond
20.88
+0.1%
Rand - Euro
18.61
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,027.94
+1.7%
Palladium
1,669.98
0.0%
Goud
1,916.23
+0.2%
Silwer
23.51
+0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot