AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe streng reëls vir alle groenteboere

Alle groenteboere gaan aan onder meer aan streng etiketterings- en graderingsvereistes moet voldoen om hul produkte te verkoop.

Alle vars produkte gaan vanaf 17 November aan dieselfde streng regulasies en vereistes moet voldoen waaraan aartappels al jare lank blootgestel is, met die doel om die hele bedryf te verbeter. Boonop sal hulle self daarvoor moet opdok.

Dit volg op die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se aanstelling van die maatskappy Prokon as inspekteurs van alle vars produkte wat plaaslik verbou, verpak en verkoop word.

Volgens mnr. Billy Makhafola, die hoof van landbouproduktestandaarde by die Departement van Landbou, maak hierdie stap die speelveld gelyk. “Die goeie nuus is dat dit sonder twyfel waarde tot die varsproduktebedryf gaan toevoeg en dus vir boere ’n beter inkomste sal beteken.”

Vir alle produkte

“Die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990), skryf reeds spesifieke vereistes voor vir alle produkte wat op varsproduktemarkte verhandel word. Prokon is aangestel om seker te maak dat aan hierdie spesifikasies voldoen word.”

Dit beteken dat alle produkte ordentlik verpak en gemerk word, die gradering duidelik op die verpakking aangedui word en dat die inhoud korreleer met die gradering op die verpakking.

Mnr. Etienne Booyens, uitvoerende hoof van Prokon, reken hierdie stap is die beste ding wat met die varsproduktebedryf kan gebeur. “Prokon is reeds 23 jaar gelede deur die aartappelbedryf in die lewe geroep, met uitstekende resultate.

Supermarkte se beswaar

“Supermarkte se grootste beswaar teen varsproduktemarkte is dat daar nie ’n betroubare graderingstelsel is nie. Ek dink die departement verdien ’n pluimpie vir hierdie stap, want dit gaan sorg dat een boer se eerstegraadse produkte ooreenstem met ’n ander boer s’n. Dit gaan die koper meer vertroue gee.

“Prokon het tot 17 November tyd om sy stelsels gereed te kry en kapasiteit te bou. Die inspeksies sal van 17 November af ingefaseer word. Teen 1 Januarie sal die proses in volle swang wees.

Daar is kommer dat kleinboere of nuwe toetreders nie bewus daarvan gaan wees of die vermoë sal hê om hieraan te voldoen nie.

’n Deel van ons mandaat is om ’n opleidingsrol te speel om te verseker dat alle boere aan vereistes voldoen sonder dat dit hul ondergang beteken,” sê Booyens.

Werk aan oplossing

“Dit sal sinneloos wees om die kleinboere met die wet dood te druk. Ons is besig om saam met Prokon aan ’n oplossing daarvoor te werk,” sê Makhafola.

Die inspeksiefooi wat meestal op varsproduktemarkte sal ontstaan, sal op ’n maandelikse grondslag gehef word en regstreeks van die boer se verdienste op die mark afgetrek word.

Produkte wat direk uit pakskure verkoop word, sal ook geïnspekteer word. Inspeksies sal ook in supermarkte se verspreidingsentrums gedoen word, waarvoor die supermark sal moet betaal. Die spesifieke fooie word nog deur Prokon bepaal en sal voor 17 November bekend gemaak word.

Navrae: Besoek die Prokonwebtuiste (www.prokonsa.co.za) en klik op die “Fresh Produce Regulations”-skakel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.4%
Rand - Pond
19.08
+1.6%
Rand - Euro
17.39
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.71
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,638.78
-0.3%
Silwer
18.60
-1.4%
Palladium
2,082.49
+0.5%
Platinum
860.00
+0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot