AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe swamdoder nou in Suid-Afrika

'n Swamdoder met 'n nuwe aktiewe bestanddeel is geregistreer vir die beheer van laatroes by aartappels en donsskimmel by tafel- en wyndruiwe.

’n Swamdoder met ’n heeltemal nuwe aktiewe bestanddeel, wat sedert 2011 gebruik word op aartappels, druiwe, groente en tamaties in Amerika, is nou in Suid-Afrika geregistreer vir die beheer van laatroes (Phytophthora infestans) by aartappels en donsskimmel (Plasmopara viticola) by tafel- en wyndruiwe. Die swamdoder, Orvego®(Reg. No. L9185 Wet no 36 van 1947) bevat ’n heeltemal nuwe aktiewe bestanddeel Initium® (Ametoctradin [pyrimidylamine]) wat volgens die internasionale kodering in Groep 45 geklassifiseer word.

Mnr. Petrie de Kock, hoofbestuurder van BASF-verkope in die suidelike en noordelike Kaap, het by die bekendstelling van die nuwe produk op Riebeek-Kasteel gesê dat die nuwe aktiewe bestanddeel dit ’n ideale hulpmiddel maak om die ontwikkeling van weerstand te voorkom. Daar is ook nie ’n risiko vir die ontwikkeling van kruisweerstand nie.

Die swamdoder werk op twee maniere: Dit onderdruk respirasie sodat die swam nie genoeg energie het om te reproduseer nie en dit veroorsaak dat die selwande van swamme oopbars.

Dis nie nodig om benatters of kleefmiddels saam met die middel te gebruik nie en tydens toediening word die aktiewe bestanddeel binne ’n uur deur die waslaag op die blare geabsorbeer en eweredig versprei. Dit kan ook nie deur reën afgewas word nie. Proewe het gewys dat die bedekte area onder vogtoestande kan verdubbel.

De Kock sê die middel is ideaal by die produksie van tafel- en wyndruiwe omdat dit gebruik kan word by die ertjiekorrel-fase, wanneer ander beskikbare middels in die mark gewoonlik ‘n neerslag laat. Dit kan drie keer toegedien word teen spuit-intervalle van tien tot vyftien dae vanaf blom- tot vrugtevorming: twee keer na mekaar, daarna moet daar ’n ruskans wees voordat ’n derde toediening gemaak word.

Hy beveel dat boere die tien-tien-beginsel volg met toediening daarvan op druiwe: “As dit 10 mm gereën het, temperature het by 10 grade Celsius gedraai en die lootlengtes is so 10 cm lank, is dit nodig om voorkomende behandeling vir swamme toe te pas.”

By aartappels kan dit ook met tussenposes van nie meer as drie keer vanaf loot- tot knolvorming nie, toegedien word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot