AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9438
0,00
CORN
27 Sep
-
4808
0,00
SOYA
27 Sep
-
9245
0,00
SUNS
27 Sep
-
9867
0,00
WEAT
27 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
27 Sep
-
4802
0,00
YMAZ
27 Sep
-
4710
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe toekoms vir ou wingerde beplan

Die "Old Vines project" word nou in alle erns gedryf om die werklike waarde van ouer wingerde te ontsluit.

Die Old Vines project, wat in 2011 deur mnr. Johann Rupert en me. Rosa Kruger gevisualiseer en op dreef gesit is, kry eindelik momentum. Meer as 60 wyne, almal afkomstig van wingerde uit hierdie projek wat ouer as 35 jaar is, gaan eersdaags in Londen op die proef gestel word.

Volgens mnr. André Morgenthal, bemarker van die projek, gaan 50 van die mees invloedryke internasionale wynkenners en skrywers dié proe-geleentheid bywoon. “Hierdie wyne het almal 'n storie. Meer as dit, is dit uitstekende wyne,” sê Morgenthal.

Internasionale aansien

Sedert 2007 woel verskeie plaaslike wynmakers om hierdie nismark van wyn, wat eksklusief van ou wingerde geproduseer word, gestalte te gee. “Hierdie wyne geniet reeds internasionaal goeie aansien en 'n gesonde vraag bestaan na hierdie wyne,” sê hy.

Die projek 'n finansiele inspuiting gekry toe die Rupert-stigting die aanvanklike finansiering bewillig het om vir beide Morgenthal as bemarker en mnr. Jaco Engelbrecht, ’n wynboukundige, vir twee jaar in die projek aan te stel.

Buiten Morgenthal se mandaat om die aansien van die wyne uit te bou, 'n waarde daarvoor te vestig en dus ou wingerde bestaansreg te gee, was dit duidelik oor die afgelope paar jaar dat produksiemetodes om bejaarde wingerde gesond te hou, bestaan. Om hierdie behoefte aan te spreek, is Engelbrecht aangestel.

Bestry rolbladvirus

“Die vernaamste faktore wat sal verseker dat wingerde 40 en 50 jaar en selfs 100 jaar oud word, is die wyse waarop die wingerd beplan en aangeplant word en die mate waartoe produsente die wingerd vry van rolbladvirus kan hou."

Die idee is nie dat elke wingerdstok in die land opgepas moet word om 100 jaar oud te word nie. Tog kan baie meer as die minder as 1% van die land se totale wingerdaanplanting ouer as 35 jaar word.

“Van die wingerde wat nou 15 en 20 jaar oud is, het baie die potensiaal om in ou wingerde omskep te word en baie waarde vir die produsent in die toekoms te genereer.

R12 000/ton moontlik

“ 'n Blok Cinsuat van Primo-boerdery, wat in 1992 geplant is, het ses jaar gelede, toe produksie die enigste oogmerk was, slegs R1 200/ton verdien.

"Nadat hier 'n bietjie geld bestee is om kaf op bankies te kry en met meer oordeelkundigheid gesnoei is, juis met die oog op volhoubaarheid, verdien die blok nou R6 000/ton. 'n Bietjie produksie is beslis ingeboet, maar slegs 20%. Die totale verdienste per hektaar is dus baie hoër en baie nader aan volhoubare winsgewendheid,” sê Engelbrecht.

Morgenthal meen die verdienste kan egter verdubbel indien die aansien van wyne van ou wingerde verder uitgebou word. “Dit is belangrik dat Suid-Afrikaanse wyne die etiket van ‘goedkoop en vrolik’ in die buiteland afskud en ons kan dit met hierdie projek vermag. Maar hiervoor het ons die inkoop en samewerking van die bedryf nodig.

“Bykans 80% van die druiwe van ou wingerde word tans aan groot koöperasies gelewer. Meeste van hierdie wyne word nog nie as wyn van ou wingerde hanteer nie en daardie waarde, wat grootliks tot die produsent se voordeel sal wees, word dus nie ontsluit en ontwikkel nie.

"Hierin lê die behoud van die program en die geleentheid om hierdie wyne gemaklik tussen R300 en R800 per bottel te bemark."

Unieke wyne wag

Om hierdie rede voer Engelbrecht aan dat boere spesiale aandag aan dié wingerde moet gee wat 'n uitsonderlike karakter het, wat tussen 10 en 20 jaar oud en gesond is.

“Hierdie wingerde se karakters, die klone en die mate waartoe hulle reeds by die omstandighede aangepas het en unieke druiwe lewer, is vir ewig verlore as hulle uitgehaal is.

"As ons hierdie wingerde bewaar, gaan ons baie spesiale en unieke wyne maak, soos wat reeds uit blokke soos hierdie 25-jarige Cinsaut gemaak word deur drie verskillende kelders,” sê Engelbrecht.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.4%
Rand - Pond
19.41
-0.4%
Rand - Euro
17.35
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,631.60
+0.6%
Silwer
18.53
+1.0%
Palladium
2,052.89
+0.5%
Platinum
856.53
+0.4%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,290
0.0%
Alle aandele
63,626
0.0%
Hulpbronne 10
56,215
0.0%
Industriële 25
79,529
0.0%
Finansiële 15
13,982
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot