
Landbou.com kry eersdaags ‘n nuwe jas!
Die gewildste landbou-webwerf in Suid-Afrika sal binne afsienbare tyd ‘n gedaanteverwisseling ondergaan en die redaksie vertrou dat ons daarmee ‘n beter diens aan webbesoekers sal kan bied.
‘n Span mense wat digitale platforms ontwerp en bou, het die afgelope tyd hard gewerk om die nuwe webwerf te skep en om die bestaande inhoud, wat nagenoeg 25 000 artikels behels, oor te dra.
‘n Spesifieke datum vir die oorskakeling na die nuwe voorkoms sal later bekend gemaak word.
Hou Landbou.com dop – ons vertrou dat gebruikers vinnig vriende sal maak met die nuwe ontwerp, en ons maak staat op jou deelname en terugvoering daaroor.
Die Landbou.com-span.
30 April 2012