AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe voorsitter vir pluimveeboere

Die Suid-­Afrikaanse Pluimveevereniging se eerste swart voorsitter sê as dié organisasie nie verander nie, het hy nie 'n toekoms nie.

Mnr. Agmat Brinkhuis, 'n eier-­ en hoenderboer van Philippi in die Wes-­Kaap en die nuwe voorsitter van die Suid­-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV), sê hy is 'n voorstander daarvan om nie onderskeid tussen ontwikkelende en kommersiële boere te tref nie. “Alle boere is tog eintlik ontwikkelend, want selfs kommersiële boere moet voortdurend ontwikkel.”

Die SAPV het tot verlede jaar 'n afsonderlike organisasie vir ontwikkelende boere gehad, maar het nou net 'n braaihoender-­ en 'n eierorganisasie, waaraan alle boere behoort. Brinkhuis sê van die belangrike kwessies wat hy graag in sy voorsittersjaar sal wil takel, is om die SAPV se kommunikasie met sy lede te verbeter, en die publiek beter in te lig oor invoer en pekelwatertoevoeging.

“Ons baklei nie teen invoer nie, maar teen onbillike handel. Mense dink pekelwatertoevoeging is ongesond, maar studies bewys die teendeel.” Brinkhuis sê verder die SAPV wil help dat groot kommersiële pluimveeprodusente klein produsente onder die vlerk inneem, “soos 'n big brother”, om die kleiner produsente in die hoofstroom te kan bring.

“Entstof is byvoorbeeld vrek duur, maar as 'n mens dit in grootmaat koop, is dit goedkoper.” Brinkhuis sou ook graag wou sien dat die SAPV se grondwet aangepas word sodat die organisasie by ander soos Agri SA en die Afasa kan affilieer. “Oor spesifieke kwessies is dit goed om 'n groter stem te kan hê.”

Brinkhuis boer saam met sy vrou, me. Wadea Jappie, 'n bekroonde boer in haar eie reg, op hul eie grond van 1,6 ha met eiers, en op gehuurde grond met groente. Hulle boer sedert 2003, nadat hulle weens bendebedrywighede uit die stad getrek het. “Dit is een van die beste besluite wat ons geneem het. Die plaaslewe was goed vir ons seuns.” Hul seuns, Nabeel en Tawfeeq, help met die boerdery.

Mnr. Willie Basoga is tot die eerste swart voorsitter van die eierorganisasie verkies, en mnr. Marthinus Stander, vorige SAPV­voorsitter, is as voorsitter van die braaihoenderorganisasie herkies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot