AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Nuwe wolseisoen begin op laagtepunt

akkreditasie
Wolpryse het skerp gedaal op die eerste veiling van die seisoen. Foto: Fredalette Uys
Wolpryse het skerp gedaal op die eerste veiling van die seisoen. Foto: Fredalette Uys
Die enigste ligpunt op die teleurstellende eerste veiling van die 2019-’20 wolseisoen is dat boere wat wol volgens die Responsible Wool Standard (RWS) geproduseer het, se wol teen ’n premie verkoop is.

Dit was ook die geval met die aanvang van die Australiese wolseisoen in Augustus.

Die pryspremie van die RWS-wol is egter nie bekend gemaak nie.

“Die wol is redelik gesog en dit is die pad vir die toekoms. Ons moedig boere aan om die akkreditasiestelsel te oorweeg,” sê mnr. Paul Lynch van Standard Wool SA. Korter, swakker tipes wol het swakker pryse behaal.

Die Cape Wools-alle-aanwyser het op 5 September gesluit teen R147,70/kg vir skoonwol, wat 28,3% laer was as op die laaste veiling van die vorige seisoen.

Altesaam 8 634 bale is aangebied, waarvan 81,8% verkoop is.

Die veiling is oor twee dae aangebied. Op die eerste dag het die aanwyser met 34% gedaal, maar ’n oplewing op die Australiese mark het gelei tot ’n styging op die tweede dag.

Altesaam 39% van die aanbod is voor die veiling onttrek weens die markonsekerheid. ’n Verdere 18% is onverkoop verklaar op die veiling.

Luidens die verslag was daar goeie mededinging vir goeie langwol.  Lynch sê die Europese mark was baie aktief.

Die tweede veiling van die seisoen is geskeduleer vir 12 September (ná druktyd).

Knelpunte

Die skerp daling in die gemiddelde skoonwolprys is in al die verskillende mikronkategorië gesien, met die 18-mikronkategorie wat die kleinste daling van 23,4% getoon het.

Kopers het steeds finansiële probleme omdat die wol van die vorige seisoen wat vir China bestem is, tans steeds verskeep word.

Volgens Lynch het alle makelaars reeds verhittingstelsels in werking gestel sodat wol wat aan die gesondheidsvereistes van die internasionale organisasie vir dieregesondheid voldoen, vinniger na China verskeep kan word. Die verskeping sal ná drie veilings na die normale skedulering terugkeer, en intussen moet kopers steeds die wol vir die eerste drie veilings finansier.

Weens die uitstel van die eerste twee veilings van die seisoen is die eerste veiling op ’n Woensdag en Donderdag gehou. Die komende twee veilings sal ook so aangebied word. Lynch sê dit sal voordelig vir die boere wees om so voort te gaan omdat dit met die Australiese skedule saamval, wat dit vir die kopers makliker sal maak om die wolmark te lees.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
+0.9%
Rand - Euro
16.83
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.77
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
If I could turn BACK TIME 😉😋
Maak nie saak wat positief n mens probeer oor jouself hier uit beeld nie, mans het hulle eie mening en sienswyse 👌 Kom val in die deur in en kyk of julle van hou wat...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot