AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

NW-boer ‘se dood kon voorkom word’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Gerrit Nel, boer van Noordwes, besig met brandbestryding tydens een van die onlangse brande. Foto: SUZANNE VENTER
Mnr. Gerrit Nel, boer van Noordwes, besig met brandbestryding tydens een van die onlangse brande. Foto: SUZANNE VENTER
Haar man sou waarskynlik nog geleef het as boere op hulp van die staat kon staatmaak om brande te beveg. Só het mev. Sonja Potgieter oor haar man van amper 30 jaar, mnr. Izak Potgieter, gesê wat op 7 September oorlede is.

Izak, plaasbestuurder vir mnr. Marius Nel wat ’n gemengde boerdery tussen Hartbeesfontein en Ottosdal in Noordwes bedryf, het op 6 Augustus gaan help om ’n brand op ’n plaas sowat 3 km buite Ottosdal te blus.

“Boere is heeltemal uitgelewer aan hierdie brande. Hulle moet alles self beveg en daar is nooit hulp van die staat nie. My man was altyd daar en altyd bereid om te help as iemand nood gehad het ,” vertel Sonja. Izak en plaaswerkers was omtrent drie uur lank besig om die brand te bestry.

Die rook het hom oorval en hy het te veel koolstofdioksied ingeasem. Kort nadat hy omstreeks 20:30 die werkers afgelaai het, het hy weens die oormaat rook wat hy ingeasem het, ’n hartaanval gekry terwyl hy nog gery het.

In die ongeluk wat gevolg het, het hy sy nek gebreek, wat hom verlam gelaat het. Hy is die afgelope maand in onder meer die Wilmed-hospitaal in Klerksdorp behandel. Die behandeling het te duur geraak en hy is oorgeplaas na die Tshepong-staatshospitaal.

Daar het hy goeie versorging gekry, maar die trauma was te veel vir sy liggaam en hy is oorlede ná ’n tweede hartaanval. Izak en Sonja sou op 20 September hul 30ste huweliksherdenking gevier het. Hulle sou ook die dag ná die ongeluk hul vyfde kleinkind, eerste kleinseun en Izak se naamgenoot ontmoet het.

“Ons het so gebid vir ’n ou seuntjie sodat Izak se naam kon voortleef. Hy is nou die vyfde geslag Izak Potgieter. Ons was so opgewonde om hom te ontmoet, maar my man het toe nooit die kans gehad nie,” sê Sonja.

‘TRAGIES EN ONNODIG’

Mnr. Eric Stoch, voorsitter van die Noordwes-sambreelbrandbeskermingsvereniging (NWUFPA), sê Izak se dood is uiters tragies en onnodig, en dat sulke trauma en hartseer voorkom kan word. Die verlies raak al die lede betrokke by brande.

“Die vereniging verteenwoordig al die brandbeskermingsverenigings in die provinsie kragtens die Wet op Veld en Bosbrande (Wet 101 van 1998 deur die departement van omgewingsake, bosbou en visserye) wat bepaal dat die departement die beskermheer is en veld-, bos- en bergbrande moet beveg deur die verskaffing van die nodige instellings, metodes en praktyke,” verduidelik Stoch.

INGRYPING NODIG

Die doel van brandbeskermingsverenigings is om te verseker dat instellings en staatsdepartemente landwyd aan die wetsvereistes voldoen.

“Hierdie wet word eenvoudig nie nagekom nie. Boere wat nie die wet nakom nie, word beboet. Dit terwyl baie staatsgrond, munisipale grond en grond in besit van groot staatsinstellings soos Eskom, Sanral, die polisie en SA Weermag in Noordwes glad nie aan die nodige brandvoorkomings- en bestrydingsvereistes voldoen nie,” sê Stoch.

In die provinsie is dit volgens hom slegs die JB Marks-munisipaliteit wat hieraan voldoen. Volgens Stoch is daar onlangs in net twee weke nóg sewe vrywillige brandbestryders in Noordwes ernstig beseer.

Sedert April vanjaar het sowat 500 404 ha in Noordwes afgebrand. “Dis 5% van die provinsie se totale oppervlakte en 10% van die provinsie se landbougrond.

Baie rofweg en konserwatief geskat beloop die skade in die provinsie weens brande tans meer as R2,5 miljard. Dit terwyl Noordwes bekend is vir sy administratiewe en munisipale probleme, soos wanbestuur en bankrotskap. Dis werklik ’n groot probleem en dringende ingryping is nodig,” sê Stoch.

LANGER SEISOEN

Die brandseisoen in Noordwes begin gewoonlik 1 Julie, maar as gevolg van die La Niña-weerverskynsel en goeie reënval het dit vanjaar al in April begin en gaan tot minstens einde Januarie volgende jaar voortduur.

“Ek probeer al sedert Mei dat Noordwes tot brand-rampgebied verklaar moet word. Weens La Niña en al die reën het die gras baie ruig groei. Terselfdertyd het baie boere die afgelope paar jaar vee verminder weens die droogte in voorafgaande jare.”

Daar was ook ’n klomp baie koue aande met baie ryp. Dit het die gras vinniger droog en bros gemaak. Wanneer daar ’n brand is, maak die vuur sy eie wind.

“Warm lug styg op en dit veroorsaak ’n konveksiestroom en selfs dwarrelwinde. Dan word brandbestryders dikwels deur vlamme oorval.” Hy sê grond waarop brande voorgekom het, moet minstens twee jaar rus voordat dit weer benut kan word.

“Navorsing deur prof. Hennie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat het getoon dat die tipe weiding wat in die Vrystaat en Noordwes voorkom, eers twee jaar ná ’n brand weer dieselfde produksie gee en dat die veld vir die volle groeiseisoen moet rus.” 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.86
+0.1%
Silwer
20.81
+0.7%
Palladium
2,271.47
+0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot