‘n Nuwe veevoerfabriek in Gaborone in Botswana is deur Noordwes Voere, ‘n filiaal van NWK Bpk., opgerig.
Noordwes Voere is die afgelope tien jaar in Botswana betrokke in die bemarking en verkoop van sy Opti-veevoerreeks en die nuwe fabriek word as ‘n uitbreiding van dié betrokkenheid beskou.
Die NWK direksie het vroeër besluit die tyd is ryp om oorweging te skenk aan ‘n eie veevoerfabriek in Botswana. Die besluit is ook in pas met NWK se groeistrategie en gediversifiseerde besigheidsmodel.
‘n Aandeelhouersooreenkoms is onderteken met Mont-Trade, ‘n plaaslike vennoot, en die nuwe maatskappy sal as Opti Feed Botswana bekend staan. Installering van masjinerie en toerusting is tans in die proses en die nuwe fabriek behoort teen Januarie 2011 in produksie te wees.
15 Oktober 2010