AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

OBP blameer boere vir entstof-tekorte

Die skuld vir die tekort aan verskeie entstowwe die afgelope tyd is voor die deur van boere gelê.

Boere gee nie 'n voldoende vooruitskouing van die entstowwe wat hulle die komende jaar sal benodig nie, daarom is kom tekorte voor wanneer sekere entstowwe benodig word.

Dit is die verduideliking wat dr. Steven Cornelius, uitvoerende hoof van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) aan lede van die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye gegee het.

Die komitee wou 'n verduideliking van OBP hê nadat hy inligting ontvang het dat daar nie entstof vir bloutong beskikbaar is nie. Verlede jaar het dié staatsinstelling ook erg deurgeloop na bewerings dat OBP se entstof vir Afrika-perdesiekte en die een vir slenkdalkoors ondoeltreffend is.

Boere ent volgens skedule
Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, bosbou en visserye, het twee weke lank voetwerk gedoen om te bepaal hoeveel entstowwe waar in die land kortkom. Volgens 'n lys wat sy by boere in die Oos-Kaap laat opstel het, het heelwat dorpe nie entstowwe vir bloutong, slenkdalkoors, bloednier en vir brusellose nie. Sy het gesê hoewel voorraad vir bloutong nou beskikbaar is, was daar nie 'n maand gelede nie. “Mens kan nie vir alle siektes op een tyd inent nie. Boere het 'n skedule waarvolgens hulle werk. Ek weet, want ek is met 'n boer getroud. Ek is seker die departement en OBP ken die inentingsiklus.”

Entstof vir bloutong is egter nou nie meer die krisis nie, maar wel dié vir brusellose. Volgens haar inligting is daar net twee dorpe in die Oos-Kaap wat slegs twee eenhede van hierdie entstof beskikbaar het.

Boonop is daar 'n erge uitbraak van Afrika-perdesiekte. Die eienaars van die perde ent hulle diere jaar na jaar in, maar hulle vrek steeds, het Steyn gesê.

Moet elke jaar inent
Cornelius het gesê dat diere ingeënt moet word lank voor die siektes voorkom. Dis belangrik dat veeboere veral elke jaar hulle diere inent om siektes te voorkom. Hy het uitgewys dat dit 12 tot 15 weke neem om 'n entstof te produseer. “Ons is afhanklik van koöperasies, veeartse en groothandelaars om ‘n vooruitskouing te gee van watter entstowwe hulle die volgende jaar gaan benodig.”

Die OBP is weer afhanklik van die inligting wat die boere aan hulle gee. Die OBP produseer dan entstowwe volgens die vooruitskouing. Cornelius het aantyings van Steyn dat OBP nie die nodige entstowwe het nie, ontken.

Hy het aangedui dat daar wel entstof vir brusellose is en genoeg entstof vir Afrika-perdesiekte, slenkdalkoors en bloutong is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot