AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

OBP soek steun om kleinboere te help

Onderstepoort wil die groeiende getal klein en ontluikende boere van diens wees, sê dr. Steven Cornelius, hoof uitvoerende beampte van OBP.

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), ’n maatskappy wat deur die staat besit word en met ’n omset van meer as R160 miljoen per jaar, wil sy sakemodel verander om die groeien de getal klein en ontluikende boere van diens te wees.

As die Department van Landbou, Bosbou en Visserye sekere funksies kan finansier en prosedures verander sodat dié maatskappy die voorkeur-voorsiener van entstowwe aan alle provinsies is, kan sy bestaande sakemodel dalk verander, het dr. Steven Cornelius, hoof uitvoerende beampte, in die Parlement gesê.

Volgens hom is dié vervaardiger van entstowwe vir diere tans grootliks van kommersiële boere vir sy inkomste afhanklik, maar dat dit ’n mark is wat stadigaan besig is om kleiner te word.

Daarbenewens is daar deesdae meer as 20 verskaffers in die entstofmark teenoor die drie of vier van ’n paar jaar gelede. “Dit is nou ’n baie mededingender mark as in die verlede.”

As die OBP dus regeringsteun kan kry om sekere funksies vir die landboudepartement te verrig en sy klem na klein- en ontluikende boere te skuif, kan verliese – soos dié in 2013/’14 – vermy word. “Daar is tot 300 000 ontwikkelende boere wat moontlik ons kliënte kan word as hulle begin om hul diere in te ent.”

Nog ’n kwessie wat die OBP dwars in die krop steek, is die tenderprosedure waarvolgens nie alle provinsies noodwendig entstowwe by die OBP koop nie, maar dikwels eerder van buitelandse maatskappye. Die OBP meen hy moet die voorkeur-verskaffer aan die provinsies wees.

Daar is ook moontlikhede om meer te verdien uit ’n toename in uitvoer na die res van Afrika, veral omdat die groeivooruitsigte vir die meeste lande so gunstig is.

Tans gaan 80% van die produkte wat die OBP uitvoer, na ander Afrikalande, terwyl 60% dáárvan na buurlande, soos Botswana, Namibië en Mosambiek, gaan.

Cornelius het ook gesê dat daar groot potensiaal is in die tropiese en subtropiese gebiede van Afrika, waar ernstige veesiektes dikwels uitbreek, maar dat die OBP dit net kan benut as hy ekstra geld kan kry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-1.0%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.48
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,712.82
-0.8%
Silwer
20.29
-3.7%
Palladium
2,262.31
-2.6%
Platinum
921.88
-1.2%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,299
-0.9%
Alle aandele
65,692
-0.9%
Hulpbronne 10
63,603
-1.5%
Industriële 25
79,538
-0.7%
Finansiële 15
13,965
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot