AFGRI
BEAN
27 Jan
-
9479
0,00
CORN
27 Jan
-
4568
0,00
SOYA
27 Jan
-
9642
0,00
SUNS
27 Jan
-
12400
0,00
WEAT
27 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
27 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
27 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

OBP verbrokkel, sê kenners

SA het steeds nie genoeg bloutong-entstof om sy skaapkudde van meer as 30 miljoen diere te beskerm nie. Talle boere gaan dus nie hul diere betyds kan inent nie.

Boere en veeartse vrees dat Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) se versekering dat talle entstowwe eersdaags beskikbaar sal wees, net nóg ’n leë belofte is. Die OBP se bestuur het in ’n onlangse verklaring gesê entstowwe vir bloutong sal eers teen einde Januarie of begin Februarie beskikbaar wees.

Dít ten spyte van boere se pleidooie en amptenare se beloftes sedert Augustus verlede jaar.

Daar is ook nog nie entstof vir perdesiekte en drie-dae-stywesiekte nie. In ’n soortgelyke verklaring in Augustus verlede jaar het dr. Steven Cornelius, hoof uitvoerende beampte van die OBP, gesê dat die vervaardiging van sekere entstowwe onderbreek moes word vir ’n opgraderingsprojek wat in 2012/’13 begin is. Hy het destyds belowe dat entstowwe teen Oktober weer beskikbaar sou wees.

Teen Desember was daar egter nog net ’n klein hoeveelheid van die C-stam-entstof teen bloutong beskikbaar, maar boere kon nie of B-stam-entstof kry nie.

Dr. Peter Oberem van Afrivet het aan Landbouweekblad verduidelik dat boere reeds vroeg in die somer die A- en die B-stam entstof moes bekom het om hul diere betyds teen die siekte te kon inent. Dié stamme lê die grondslag vir die sterker C-stam entstof. Dít kan wees waarom slegs sowat 7 500 eenhede van die C-stam-entstof verkoop is sedert dit in Desember beskikbaar gestel is. Om sake te vererger, het die OBP dié verkope as maatstaf gebruik om te bepaal hoeveel van die A- en B-stam-entstof onmiddellik vervaardig moes word.

Dr. Jacob Modumo, sake-ontwikkelingsbeampte by die OBP, het aan Landbouweekblad bevestig dat net 10 000 eenhede elk van die A- en B-stam-entstof op 21 Januarie beskikbaar gestel is. Hy het erken dat tot 40 miljoen eenhede van elke stam nodig is om bloutong na behore te bestry. “Ons werk druk daaraan om die laaste fasette van ons herkapitaliseringsprogram af te handel wat ons in staat sal stel om teen middel Februarie ons volle potensiaal entstowwe te vervaardig,” het Modumo gesê.

Mnr. Harry Prinsloo, voorsitter van die NWKV, het egter gesê teen daardie tyd is dit te laat. “Boere wat hul diere vir ’n voorwinter- lamtyd paar, moes reeds vroeg in die lente kon inent. Vir die ander boere wat hul diere voor die seisoen laat paar, is die volgende paar weke die kritieke tyd om in te ent,” het hy gesê.

Ná die goeie reën was daar as ’t ware ’n ontploffing in die muggiebevolking wat verantwoordelik is vir die verspreiding van bloutong.

“Ons weet nog nie hoe grootdie impak van hierdie entstoftekorte op ons bedrywe gaan wees nie, maar ons weet ons gaan skade ly,” het Prinsloo gesê.

Dr. Danie Odendaal, hoofbestuurder van die Veearts Netwerk, ’n elektroniese kommunikasiestelsel vir boere en veeartse, sê dit is noodsaaklik dat boere noukeurig boekhou van infeksies en verliese sodat die impak van die OBP se entstoftekort noukeurig bepaal kan word.

Odendaal meen die OBP se tyd is uitgedien. Boere en veeartse moet daarop aandring dat hulle toegelaat word om entstowwe in te voer, het hy gesê.

“In Skotland het navorsers die geen geïdentifiseer wat die bloutongvirus in staat stel om selle binne te dring. Oor minder as twee jaar sal daar ’n veilige, dooie entstof teen bloutong beskikbaar wees,” het hy gesê.

’n Plaaslike dieregesondheidsmaatskappy is reeds met die Skotse navorsers in gesprek oor die ontwikkeling van dié entstof vir Suid-Afrikaanse stamme. Odendaal meen die OBP gaan in die toekoms niks meer as ’n staatsinstansie wees wat klein hoeveelhede entstof vir noodgevalle vervaardig nie.

Modumo vertel egter ’n ander storie. Hy verduidelik dat die herkapitaliseringsprogram wat in 2011/’12 begin is, nou einde se kant toe staan. Dit het hoofsaaklik die vervanging van toerusting behels.

“Die volgende fase is om ’n nuwe aanleg te bou en so toe te rus dat ons ’n wêreldklas- verskaffer van dieregesondheidsprodukte kan word,” sê hy. “Ons wil op die internasionale mark mededingend wees en ons produkte uitvoer.”

Modumo verwag dat dié verbeteringproses nog minstens vyf tot ses jaar gaan duur. Hy moedig boere aan om die frustrasies met die OBP oor die hoof te sien en die klem te lê op die belegging wat in dieregesondheid in Suid-Afrika gemaak word. Boere meen egter die OBP behoort reeds ’n top-instansie te wees ná meer as R500 miljoen sedert 2011 aan verbeterings by dié organisasie bestee is.

Dit was juis een van die kwelvrae wat Prinsloo en ander landbouleiers verlede Dinsdag met prof. Edith Vries, direkteur-generaal van Landbou, bespreek het. Boere wil weet hoe en waar is daardie geld bestee.

“Ons is ook bekommerd oor die beheermaatreëls wat die gehalte van die entstofvervaardiging moet reguleer. Is dit nog op standaard?”

Prinsloo sê daar is geen vertroue meer tussen boere en die OBP nie. “Ons glo nie meer wat hulle vir ons sê nie.” Prinsloo sê hulle wil eerder sien dat ander private farmaseutiese maatskappye aangemoedig word om ook belangrike entstowwe te vervaardig of dat die OBP minstens geprivatiseer word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
+0.8%
Palladium
1,618.86
-2.9%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Stoutgat soek temmer
Ordentlik, vol humor, doelgerig, soen lekker, braai, reis, netjies, dans, ruik lekker, groenvingers, definitief nie ryk, just normal guy next door
Warmbloedige weduwee opsoek na vredevolle geselskap
Ek is plat en dood normaal. Wat my beindruk is 'n mens wat eenvoudige is en nie skroom om net hom eerlike self t wees nie. Gesels maklik oor enige iets en lag meer as...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot