AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Oekraïne: Koringreserwe bied tyd om alternatiewe te vind

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Suid-Afrika se koring- en mieliereserwes gee aan Suid-Afrika genoeg tyd om alternatiewe verskaffers te identifiseer as die konflik tussen Rusland en Oekraïne langer duur.

Volgens die nasionale landboubemarkingsraad (NBLR) toon sy jongste vraag-en-aanbodramingsverslag dat Suid-Afrika ’n koringreserwe van 67 dae het en ’n mieliereserwe van 88 dae.

Drr. Christo Joubert, Ndiadivha Tempia en Sifiso Ntombela, en mnr. Thabile Nkunjana, landbou-ekonome van die raad, sê in ’n verslag Suid-Afrika se mark is verweef met die wêreldmark. Wat in Rusland en Oekraïne gebeur, sal waarskynlik plaaslike pryse raak.

“Mielies en koring is van die groot stapelvoedsels in Suid-Afrika. Daarom sal enige ontwrigting in die voorrade deur verbruikers en alle deelnemers in die waardeketting gevoel word.

“Die oplossing of pogings om die dreigende gevaar van beperkte voedselvoorrade te versag, sal ’n multilaterale benadering verg, wat koördineringspogings in verskeie hawens kan behels asook die nodige finansiële steun vir die lande wat geraak word,” luidens die verslag.

Voedselpryse reeds hoog

Suid-Afrikaners ervaar reeds stygende voedselpryse vir die meeste stapelvoedsels soos mielies, koring en diereproteïen.

“Die huidige situasie tussen Rusland en Oekraïne gaan heel waarskynlik ’n uitwerking hê op die koste van die produksie en verspreiding van voedsel en uiteindelik op die eindgebruiker (verbruikers),” luidens die verslag. Dit kan veral koringprodukte soos brood raak, asook groente-olies, wat kook- en diereprodukte kan raak, veral pluimvee- en varkprodukte, wat swaar steun op groente-olies en proteïenmeel.

Die landbou-ekonome sê klimaatsgebeure, soos droogte weens die La Niña-weerstoestande, raak reeds belangrike voedselproduserende streke in die wêreld en veroorsaak dat daar laer wêreldoordragvoorrade vir die 2021-’22-bemarkingseisoen is.

Volgens data van die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie was sekere voedselkommoditeitspryse in Januarie vanjaar die hoogste ooit.

Grootmaataankope deur invloedryke lande soos China en Indië dra klaarblyklik by tot hoë wêreldvoedselpryse. Luidens die verslag probeer dié lande hul voorraadreserwes verhoog om hul plaaslike pryse laag te hou in die lig van die knapper voedselvoorraadvlakke wat die internasionale graanraad einde Februarie aangekondig het.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
-0.2%
Rand - Pond
21.03
+0.3%
Rand - Euro
18.77
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,013.83
+0.3%
Palladium
1,657.23
-0.7%
Goud
1,955.80
+0.3%
Silwer
24.29
+1.3%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,673
-0.1%
Alle aandele
79,847
+0.0%
Hulpbronne 10
75,340
+0.3%
Industriële 25
102,548
+0.0%
Finansiële 15
16,444
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na n maat
Hoe beskryf n mens jouself hier. Ek hou van lag en om elke dag net te geniet. Ek hou van braai en kosmaak. Hou van om langs die see te gaan loop. Is mal oor kinders en diere. Ek...
Tiek jy dalk my boksies?
Ek is 'n onafhanklike, selfversorgende weduwee, gebless met 'n skerp sin vir humor en 'n kreatiewe streep. Ek is lief vir mense, hou van kuier, die natuur en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot