Só het mnr. Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, op die Wolmaransstad-studiegroep se jaarlikse Groendag gesê.
Al maak die Russiese ekonomie net ’n klein deel van die internasionale bruto binnelandse produk uit, het die oorlog ’n groot impak op die graan- en kunsmismark.
“Dit is waar die probleem vorentoe gaan kom. Jy hoef nie die grootste belanghebbende te wees nie om ’n groot internasionale impak te hê nie; net ’n beduidende belanghebbende.