AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Oekraïne-oorlog kan verwagtinge vir inflasie beduiwel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die Reserwebank is optimisties dat inflasie in die tweede helfte van vanjaar kan begin daal.

“Ons sal inflasie hopelik in die derde of vierde kwartaal van vanjaar terugkry in die teikenband,” het mnr. Kuben Naidoo, adjunkpresident van die Reserwebank, op die Agbiz-kongres by Sun City in Noordwes gesê.

Die groot risikofaktor is egter of die oorlog in Oekraïne vir ’n tweede jaar gaan voortduur, wat dié inflasieverwagtinge kan beïnvloed omdat kunsmis- en koringpryse dan hoog sal bly.

Die bank verwag dat inflasie in Junie en Julie so hoog as 7% kan wees. Die bank sal dus waarskynlik rentekoerse bly verhoog. “Ons doen dit omdat ons verstaan dat ons ’n sekere mate van pyn in die ekonomie moet bring. As inflasie weghardloop, sal dit pynlik wees, en pynliker vir arm mense en mense wat spaar.” 

Inflasiefaktore

Die groot en ontwikkelde ekonomieë van die wêreld sukkel om hul inflasie af te bring. Ná jare van lae inflasie is die styging in hul inflasie veroorsaak deur covid-19-verwante faktore, naamlik groot stygings in begrotings- en monetêre stimulus, die internasionale ontwrigting van voorsieningskettings, en ’n omruiling tussen die belangrikheid van die bydraes van dienste en goedere tot ekonomieë. Inperkings het die vraag na goedere laat styg en na dienste laat daal. Die stygings in brandstofpryse het ook ’n rol gespeel.

Die jongste inflasiesyfer in Amerika is 8,7% en in die Europese Unie 8%. “Ek kan nie ’n tyd onthou dat ons inflasie laer was as Amerika s’n nie,” het Naidoo gesê.

Hy verwag dat die Amerikaanse sentrale bank waarskynlik ’n resessie in die land gaan moet veroorsaak om inflasie oor ’n jaar of twee onder beheer te kry, maar dit gaan polities ’n moeilike besluit wees.

Die inflasie in Amerika raak Suid-Afrika. “Ons sien ingevoerde inflasie.”

Stygende voedselinflasie kom volgens hom al ’n taamlike lang tyd. In Suid-Afrika het die La Nina-weersomstandighede bogemiddelde reënval veroorsaak, maar in die Midde-Weste van Amerika en dele van Australië en Suid-Amerika was daar minder reën, wat pryse opgestoot het.

Die oorlog in Oekraïne beïnvloed verder onder meer kunsmis-, koring- en saadoliepryse.

Naidoo het gesê Suid-Afrika se jongste inflasiesyfer van 6,5% is hoofsaaklik aangedryf deur brandstofpryse en voedselinflasie van 7,8%. Dit lei tot inflasieverwagtinge wat weer lei tot verwagtinge vir hoër salarisverhogings. 

Kuben Naidoo
Mnr. Kuben Naidoo. Foto: Carien Kruger

Ekonomiese groei

Sentrale banke wêreldwyd moet stappe doen om inflasie te laat daal. “Ons hoop om dit te doen terwyl ons gevoelig bly vir (ekonomiese) groei. Ons weet die Suid-Afrikaanse ekonomie is broos.”

Naidoo het gesê hoewel die groei in die eerste kwartaal goed was, kan die tweede kwartaal se groei, weens meer beurtkrag en die vloede in KwaZulu-Natal, baie slegter wees.

Die bank reken steeds dat die ekonomie vanjaar met 2% kan groei. Van die belangrikste aandrywers is uitvoer en huishoudelike besteding. Landbou-uitvoer speel ’n belangrike rol.

Van die beperkinge vir groei is kwessies soos watertekorte en beurtkrag. “Elke keer dat die ekonomie met meer as 1% groei, kry ons meer beurtkrag,” het Naidoo gesê.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot