AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Olieprys kan vlak van $130 haal

Die olieprys gaan die volgende twee jaar hoog bly en dit kan die prys van $130 per vat oorsteek, meen Barclay’s Capital.

Die olieprys gaan die volgende twee jaar hoog bly en dit kan die prys van $130 per vat oorsteek, meen Barclay’s Capital.

Me. Sudakshina Unnikrishnan, die vise-president van kommoditeitsnavorsing by dié bankgroep, sê dié verskynsel kan ‘n invloed op kommoditeitspryse hê, veral wat die etanolmark betref.

“Ons verwag die olieprys gaan in 2012 en 2013 hoog bly, wat tot ‘n groter fokus op etanol gaan lei, ten spyte van die ongunstige publisiteit wat dit die afgelope tyd kry,” aldus Unnikrishnan. Dié neiging kan veral ‘n invloed hê op die internasionale voorraad van suiker, mielies en sojabone.

Unnikrishnan sê weens dié rede en klimaatsverandering kan bio-brandstof in die langtermyn ‘n ál groter rolspeler word om opwaartse druk op kommoditeitspryse te veroorsaak. Sy het die media in Johannesburg toegespreek.


Vooruitsigte vir vanjaar

Unnikrishnan voorspel dat die koringmark in die eerste ses maande van die jaar nie gunstig gaan reageer nie. “Maar afwykings in weerstoestande in Rusland en ‘n swakker plantseisoen wat in die Oekraïne verwag word, sal pryse in die tweede helfte van die jaar hoog hou.”

Sy verwag wel dat die koringmark oor die algemeen voldoende voorraad sal hê. Daarenteen voorspel Unnikrishnan dat die mieliemark in die eerste semester goeie ondersteuning gaan ontvang, terwyl dit in die tweede semester van 2012 in die weegskaal kan hang.

Dié twyfelagtigheid word gebaseer op produksie in Suid-Amerika en weerstoestande wat die afgelope seisoen kleiner oeste veroorsaak het. “Ons sal moet sien wat die weer daar doen, want volgens die Amerikaanse departement van landbou word verwag dat die grootste oppervlakte mielies sedert 1964 vanjaar te wagte kan wees.”

Groot voorraad nie meer haalbaar

Wat terugval-voorraad betref, meen Unnikrishnan die wêreld sal nie weer die oormaat voorraad hê wat dit in die 1980’s en 1990’s gehad het nie. “Die vraag het net té veel gegroei. En selfs al beleef Amerika een baie goeie oesjaar sal dié voorraad nie weer opgemaak kan word nie.”

Wat ingryping met subsidies en regulasies deur regerings betref, meen Unnikrishnan die einde is nog nie in sig nie, “veral as weersomstandighede kleiner oeste veroorsaak en voedselsekerheid ‘n vraagstuk bly.”

17 Februarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.9%
Rand - Pond
20.14
-0.1%
Rand - Euro
17.63
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,710.00
-0.4%
Silwer
20.41
-1.1%
Palladium
2,283.14
+1.1%
Platinum
920.50
-0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,423
+0.4%
Alle aandele
65,783
+0.3%
Hulpbronne 10
63,199
-0.8%
Industriële 25
79,990
+1.0%
Finansiële 15
13,998
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot