Terwyl die fokus op renosterstroping verlede jaar verskerp het, het dit amper ongemerk verbygegaan hoeveel olifant terselfdertyd vir hul ivoor gestroop is.
Volgens ’n artikel in die tydskrif Time is daar verlede jaar op die meeste onwettige ivoor tot nog toe van Afrika-olifante beslag gelê – sowat 200% meer as in 2010.
Mnr. Tom Miliken, ’n olifant-kenner verbonde aan Traffic, ’n netwerk wat die handeldryf in dierelewe monitor en wat deur die Verenigde Nasies (VN) gesteun word, sê dit is hoofsaaklik Chinese burgers wat aan smokkelnetwerke behoort wat in die groeiende vraag na onwettige ivoor voorsien.
Die stygende aantal mense uit Asiatiese lande wat nou in Afrika bly, word direk verbind met die hoeveelheid ivoor en renosterhoring wat deur lande, soos Kenia en Tanzanië, na China gesmokkel word.
Intussen styg die vraag jaarliks, wat as aansporing dien vir smokkelaars om meer en meer diere te stroop.
Bron: Time.com
5 Januarie 2011