AFGRI
BEAN
29 Nov
-
7600
0,00
CORN
29 Nov
-
3680
0,00
SOYA
29 Nov
-
7573
0,00
SUNS
29 Nov
-
11385
0,00
WEAT
29 Nov
-
6333
0,00
WMAZ
29 Nov
-
3476
0,00
YMAZ
29 Nov
-
3695
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Omnia bult spiere met nuwe fosfaat-aanleg

akkreditasie
Omnia se nuwe nitrofosfaataanleg in Sasolburg. FOTO:  OMNIA
Omnia se nuwe nitrofosfaataanleg in Sasolburg. FOTO: OMNIA
Die chemiese maatskappy Omnia se nuwe nitrofosfaataanleg in Sasolburg sal na verwagting einde Maart ten volle in gebruik wees.

Die aanleg sal dié misstofvervaardiger minder afhanklik van ’n enkele verskaffer van fosforsuur maak, het mnr. Adriaan de Lange, die groep se besturende direkteur, op die bekendmaking van Omnia se jaarresultate gesê. Die staatsonderneming Foskor is Suid-Afrika se enigste vervaardiger van fosforsuur en beheer ook die enigste in-en-uitvoerinfrastruktuur daarvoor. Landbouweekblad het al voorheen berig oor probleme met die beskikbaarheid van fosforsuur.

De Lange sê Omnia se kapitaalbesteding aan die nuwe aanleg, waar die tegnologie sy eie is, beloop R630 miljoen. Nitrofosfaat bied volgens De Lange voordele vir die landbou en die omgewing. Die produksie daarvan is omgewingsvriendeliker as dié van fosforsuur. Die aanleg sal Omnia in staat stel om homself nog meer van sy mededingers te onderskei en na verwagting die bedryfswinsmarge van die groep se landbouafdeling verhoog. Vir die 12 maande tot einde Maart vanjaar was die genormaliseerde bedryfsmarge van Omnia se Suid-Afrikaanse landbouafdeling – uitgesluit groot eenmalige gebeure – 6,9%, vergeleke met 5,7% in die vorige boekjaar.

Nog groei verwag

Sy genormaliseerde bedryfswins was R292 miljoen, 15% hoër as in die vorige boekjaar. Die afdeling se bedrywighede is beïnvloed deur die rand wat versterk het, asook sporadiese reënval en droogtetoestande in sekere gebiede. Die afdeling se verkope van spesialiteitsprodukte het goeie groei getoon. Dit is produkte wat vir verskeie gewasse in ’n groeiende mark gebruik word. De Lange was baie optimisties oor die potensiaal van Omnia se nuwe onderneming Axioteq, wat verlede jaar tot stand gebring is. Die doel van die onderneming is om, onder meer deur die gebruik van sensors, inligting te versamel oor hoe ’n boer se gewasse groei en dit te verwerk tot inligting wat boere elke dag in hul besluitneming kan gebruik.

Oor Omnia se internasionale landbou-afdeling het De Lange gesê die bedryfswins het met 44% tot R275 miljoen gegroei. Dit is onder meer danksy groei in die vraag na K-humate™ in Australasië, die uitbreiding van Omnia se kleinhandelsake in Zambië en groei in sake in Zimbabwe danksy die nuwe politieke bedeling. Volgens De Lange is dit vir Omnia belangrik om die internasionale deel van sy sake uit te brei. Danksy die verkryging van die Oro Agri-groep, wat op 1 Mei in werking getree het, het hy nou ’n groot teenwoordigheid in Europa, met verwagtinge vir verdere groei. Die wins van die groep as geheel het met 12% tot R664 miljoen gegroei. Die groep se dividend vir die jaar beloop 350c. — CARIEN KRUGER

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.17
+0.7%
Rand - Pond
21.56
+0.0%
Rand - Euro
18.25
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Goud
1,795.28
+0.1%
Silwer
23.40
+1.1%
Palladium
1,792.01
+2.3%
Platinum
957.51
+0.2%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
0.0%
Alle aandele
68,615
0.0%
Hulpbronne 10
64,074
0.0%
Industriële 25
92,909
0.0%
Finansiële 15
12,995
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Positiewe uitkyk
Hou my besig met stokperdjies en belangrike sake wat ons lewes beïnvloed. Is rustig en stel nie belang in onstabiele emosionele uitbarstings nie.
Is ek die een vir jou...
As jy hou van kamp en see vakansies, n girl wat hou van die buite lewe, maar tog ook van rustigheid, is ek die een.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot