AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Omnia se bedryfswins skiet op

Die Omnia-groep se bedryfswins in sy landbou-afdeling het met 40% tot R171 miljoen gestyg.

Die Omnia-groep se landbou-afdeling het in die ses maande tot 30 September goed gevaar. Sy inkomste het met 5,2% tot R2,8 miljard gestyg.

Dit terwyl die groep as geheel se inkomste met net 1,1% tot R7,6 miljard gestyg het en sy wins met 4,7% tot R404 miljoen gedaal het.

Omnia het in 'n verklaring gesê sy landbou-afdeling se bedryfswins het met 40,2% tot R171 miljoen gestyg danksy beter prestasie van sy verkorrelingsaanlegte, groter deursetvolume  van die nuwe salpetersuur-kompleks en bykomende doeltreffendheid wat by ander stroomaf-aanlegte bereik is.

Hierteenoor het die mynafdeling se inkomste met 2,7% tot R2,7 miljard gedaal en die chemiese afdeling s’n het marginaal tot R2 miljard gestyg.

Die Omnia-groep as geheel se bedryfsmarge was bestendig op 8,3% en sy verhouding van skuld tot eie kapitaal het van 35,7% tot 29,7% verbeter.

Mnr. Rod Humphris, hoof uitvoerende beampte, sê in die verklaring die groep se chemiese afdeling was steeds onder druk en laer kommoditeitspryse het tot ‘n verstadiging in sy mynafdeling gelei.

Die swakker rand teen die Amerikaanse dollar het ’n gunstige invloed op verkoopspryse in al drie Omnia se afdelings gehad, maar het terselfdertyd die koste van ingevoerde grondstowwe en ander produksiekoste verhoog.

Humphris verwag dat die landbou-afdeling soos gewoonlik in die tweede halfjaar goed sal presteer.

Hy sê mieliepryse sal na verwagting op kort termyn laer as in die vorige jaar wees, wat tot ’n matige oorskakeling van mielie-aanplantings na ander gewasse soos sojabone en sonneblomme kan lei.

Omnia verwag daarom dat sy verkope van kunsmis aan bestaande markte marginaal minder kan wees maar nuwe markte en nuwe produkte kan deels of heeltemal hiervoor vergoed.

Die groep het ’n tussentydse dividend van 190c verklaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na mevrou reg
Ek soek iemand om mee te deel en cuddle liefdevol en sosiaal wil wees saam my en saam my will groei
Leef jou lewe volheid.. Almal verdien geluk en liefde
Ek is vriendlik en spontane mens. Geniet die lewe volheid. Kamp visvang en natuur. Animal lover. Caring and loving-kindness. Hou van kos maak en bak ook.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot