
Omnia se wins vir die afgelope boekjaar is 21,6% meer as die R448 miljoen wat in die vorige jaar verdien is.
Die maatskappy se resultate is Dinsdag (26 Junie 2012) bekend gemaak. Bykans die helfte van die wins spruit voort uit Omnia se kunsmisbesigheid.
Die kunsmisbesigheid kon egter nie die vorige seisoen se stewige wins met gemak klop nie. Op R323 miljoen was die wins vanjaar slegs 3,5% hoër as die R312 miljoen van verlede jaar.
Dié lae groei word toegeskryf aan duur nitraat wat gekoop moes word omdat die goedkoper nitraat vir die maatskappy se plofstofbesigheid (BME) gereserveer is. ’n Dividend van R1 per aandeel is verklaar.