AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9695
42,00
CORN
30 Mrt
-
4650
8,00
SOYA
30 Mrt
-
8325
-58,00
SUNS
30 Mrt
-
8800,2
-18,80
WEAT
30 Mrt
-
6680
1,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4053
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Omwenteling vir veilings van kleinvee?

Kleinveeveilings kan ’n omwenteling ondergaan indien ’n vertrouensverhouding tussen makelaars, kopers en produsente behoorlik gevestig word.

Die aanbied van onder meer stoorlam-veilings kan voortaan heel anders daar uitsien as die tradisionele formaat waar die voornemende koper en die vee waarop hy bie, in een veilingslokaal is. Dit volg ná die suksesvolle aanbieding van ’n geskiedkundige Karoo-veiling waar sowat 11 000 stuks vee verhandel is en ’n nuwe begrip van die verhandeling van groot getalle diere inlui.

Dr. Cobus Oberholster, hoofbestuurder: Lewende hawe, veilings en eiendomme van BKB, sê dié nuwe formaat van veeveilings, waarvan pogings al in ander gedaantes in die land aangepak is, berus suiwer op ’n beginsel van vertroue. Die nege lede van die Modern-Merino-groep wat aan die veiling deelgeneem het, het elk net ’n ewekansige monster van sowat 15 tot 30 skape van hulle aanbod op die veiling vertoon.

BKB se veldbeamptes sien later toe dat die regte veilingsaanbod van die plaas af na die koper vervoer word. “Indien dié veilingformaat in die toekoms posvat, sal die voerkraalkoper, wat ’n wesenlike koper is, die stelsel met vertroue kan gebruik met die wete dat hy stoorlammers van gehalte sal kry, terwyl die produsent sy vee met vertroue teen ’n bevredigende prys verhandel, sê Cobus. “Dit kan die veilingsbedryf en moontlik ons makelarybesigheid beduidend verander. Hiervolgens sal dit nie nodig wees dat die koper die aanbod van lammers te siene kry nie,” sê hy.

Volgens Cobus kan die voornemende koper, indien die nodige vertroue in die stelsel gevestig is, bloot voortaan die profiel van die produsent se plaas beoordeel, wat inligting weergee soos die ras van die dier, die voeding en die teelbeleid. “Dan hang dit van die makelaar af om die diere van die gewenste gehalte aan hom te lewer,” sê hy. “So ’n veiling kan die koste verbonde aan tradisionele veilings beduidend verlaag.”

Die lede van Modern-Merino, is mnre. P.W. de Vos van die plaas Quaggasfontein, Colesberg, Rassie Smit, De Put, Philipstown, die broers Kleintjie (Gordonsfontein) en Willem Retief (De Bad, albei Hanover), Ivan Maskill (River Valley, Hanover), Niel Smit (Palmietfontein, Hanover), Diederik Vermeulen (Vrede, Philipstown), Fanie Naudé (Groenfontein, Colesberg) en Driesie Ferreira (Kwikstert, Hanover).

Dié nege vriende se bemarkingsgroep is sowat 18 maande gelede gestig om as ’n jongooiklub teelvordering te maak. “Ons wil die vleismark in samewerking met die rolspelers betree,” sê P.W. “Skaapvleis het vir die verbruiker so duur geword en deur ons regstreekse betrokkenheid wil ons mense weer van die heilsaamheid van skaapvleis bewus maak.”

Hy is ook oortuig dat die lewering van ’n gehalteproduk is die eerste stap in rooivleisbemarking wat deur die samewerking van die rolspelers aangehelp sal word. Een van die oogmerke van Modern-Merino is om ook teeldiere van gehalte beskikbaar te stel. “Ons bemark van ons beste diere om ons medeboere in ons distrikte te help om teelvordering te maak.”

Altesaam 73% van die 9 743 stoorlammers is op die veiling van die hand gesit teen pryse wat wissel tussen R29,50 en R31,50 per kilogram op die hoef. Die totale massa van die skape word op die onderskeie plase bereken wanneer hulle na die kopers versend word.

Sowat 500 ooi-speenlammers, is deur mnr. Izak Nel van Letsatsi by Smithfield teen R2 100 stuk as aanteelvee gekoop. Die hoogste prys vir groepe dragtige tweetand-ooie was R2 500 elk. Die hoogste prys vir ’n merino-ram van die Retief-Geelbek-Merino’s, wat deel van die veiling uitgemaak het, was R45 000. Die hele aanbod van 100 ramme is teen ’n gemiddeld van R10 960 van die hand gesit. Die afslaer was mnr. Gert Jordaan van BKB Middelburg.

Volgens dr. Oberholster is die prys van aanteelvee steeds betreklik hoog weens die hoë vraag ná die droogte en min lammers. Die Karoo-veiling met sy aanbod van 10 000 lammers het die geskikte geleentheid vir kopers gebied om op een geleentheid geholpe te raak,” sê hy.

https://youtu.be/eixWOKTi5FI

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.4%
Rand - Pond
22.30
+0.0%
Rand - Euro
19.62
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
967.60
-0.1%
Palladium
1,433.34
-1.1%
Goud
1,967.54
+0.2%
Silwer
23.64
+1.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,323
+0.7%
Alle aandele
76,945
+0.6%
Hulpbronne 10
67,706
+1.6%
Industriële 25
103,609
+0.3%
Finansiële 15
15,665
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot