AFGRI
BEAN
29 Nov
-
7600
0,00
CORN
29 Nov
-
3680
0,00
SOYA
29 Nov
-
7573
0,00
SUNS
29 Nov
-
11385
0,00
WEAT
29 Nov
-
6333
0,00
WMAZ
29 Nov
-
3476
0,00
YMAZ
29 Nov
-
3695
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Onbaatsugtige leierboer sterf

akkreditasie
Mnr. Kobus Dannhauser en sy vrou Gezina. Foto: Verskaf
Mnr. Kobus Dannhauser en sy vrou Gezina. Foto: Verskaf
Covid-19 het ’n boer geëis wat as ’n onbaatsugtige leier beskryf is wat naby aan die Here en aan die natuur geleef het.

Mnr. Kobus Dannhauser (60), bekende boer en Afrika Droughtmaster-teler van Parys, is Woensdag 21 Julie oorlede. Die Dannhausers van die plaas Goedgedacht boer reeds 140 jaar in die distrik. Kobus was die sesde geslag van sy familie wat hier ’n bestaan gevoer het.

Volgens sy dogter, Devina, was haar pa sy lewe lank ’n baie gesonde man wat maar vir die tweede keer ooit in ’n hospitaal beland het toe hy weens covid-19-komplikasies opgeneem is. “Hy was iemand wat nie opgehou het voordat hy nie die beste was met wat hy ook al gedoen het nie. Hy het ons kinders geleer dat ’n mens nie uitstel tot môre om iets te doen nie. Jy doen dit nou.”

In 2005 was Dannhauser Graan SA se Graanprodusent van die Jaar waarna hy sy mielieboerdery vir vleisbeesboerdery verruil het. Hy het tot sy dood saam met sy seun, Johan, op Goedgedacht geboer waar hulle ’n voerkraal en Droughtmaster- en Beefmaster-stoetery bedryf het. Hul Considerata Droughtmaster-stoetery, wat in 2011 begin is, is landwyd en selfs oorsee bekend. In 2020 was Johan en Kobus se boerdery op Landbouweekliks, VIA en Landbouweekblad se TV-program oor merkwaardige Suid-Afrikaanse boere.

Mnr. Gert Barnard, voorsitter van die Afrika Droughtmaster-telersgenootskap, het namens die  genootskap sy en die hele genootskap se medelye uitgespreek. “Die genootskap het ’n vriend en ’n anker vir ons beesras verloor. Ons was diep geskok om van Kobus se afsterwe te verneem en ons harte gaan uit na sy gesin.”

Gemeenskapsleier

Dannhauser was etlike jare lank voorsitter van die boerevereniging op Parys en was nou betrokke by sy gemeenskap. Johan sê die hartlike verhouding wat hy met hul werkers en die plaaslike gemeenskap gehad het, sal hom bybly.

Hy kon vlot Sesotho praat en sy verhouding met swart mense is deur wedersydse respek en liefde gekenmerk. Kobus was onder meer betrokke by die Stedelike Stigting se Khaya Lam-gidsprojek wat daartoe gelei het dat ’n aantal swart inwoners van die Ngwathe-distriksmunisipaliteit titelaktes kon ontvang vir die huise waarin hulle bly. Kobus het gesorg dat elkeen van sy werkers ’n titelakte vir hul eiendom gekry het en hy het ook ekstra erwe vir die gemeenskap geskenk.

Devina sê op haar beurt hul pa het as boer baie naby aan die natuur en aan die Here geleef. Hy was ’n onbaatsugtige leier wat alles vir sy gemeenskap en gesin sou doen. “Hy het die Here se hand in alles gesien en altyd gesê dit wat hy gee, skep hy met ’n teelepel uit, maar die Here skep die sy bak waaruit hy gee met ’n opskeplepel weer vol.”

Sy vertel een van Kobus se hartsbegeertes was om saam met sy gesin in die Kalahari te gaan uitspan en dit kon hulle in Junie vanjaar doen, min wetend dat hy skaars ’n maand daarna sou sterf. Kobus word oorleef deur sy vrou, Gezina, sy seun en sy dogters Devina Dannhauser en Carina Taljaard, asook sy skoondogter Linda en skoonseun Hanno Taljaard. Hy het ses kleinkinders: Kobus, Nico en Johan Dannhauser, Hendrik en Lieca Taljaard en Frederik Dannhauser.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.17
+0.7%
Rand - Pond
21.57
-0.0%
Rand - Euro
18.24
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,795.17
+0.1%
Silwer
23.41
+1.1%
Palladium
1,794.93
+2.5%
Platinum
974.50
+2.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
0.0%
Alle aandele
68,615
0.0%
Hulpbronne 10
64,074
0.0%
Industriële 25
92,909
0.0%
Finansiële 15
12,995
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Positiewe uitkyk
Hou my besig met stokperdjies en belangrike sake wat ons lewes beïnvloed. Is rustig en stel nie belang in onstabiele emosionele uitbarstings nie.
Is ek die een vir jou...
As jy hou van kamp en see vakansies, n girl wat hou van die buite lewe, maar tog ook van rustigheid, is ek die een.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot