AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Ongekende vraag na skaars wild

Die vraag na skaars wild is ongekend en daar is skynbaar geen teken van ’n borrel wat kan bars nie.

Grondeienaars én beleggers wat nou in skaars wild belê, kan oor vyf jaar ’n opbrengs verwag wat deur geen ander boerderyvertakking in die land geklop sal word nie, sê mnr. Dale Smith van die onderneming Nukamma Wildlife.

Smith, ’n geoktrooieerde rekenmeester wat saam met sy vennoot (mnr. Neil Dodds) met bastergemsbokke, buffels en swartwitpense op die plaas Meerlust by Jansenville boer, het op ’n inligtingsdag syfers getoon wat boere verbyster het.

Net twee dragtige swartwitpenskoeie en ’n bul sal, ná uitgawes om dit op 300 hektaar te vestig, sowat R500 000 kos. “Die waarde met aanteel sal ná vyf jaar bykans R3,5 miljoen beloop. Dit is gelykstaande aan ’n groei van 366% oor dié tydperk – of ’n saamgestelde groei van bykans  30% per jaar.”

Teeltrop van twee koeie en bul
Waar die aanvangskapitaal vir buffels sowat R800 000 is vir ’n teeltrop van twee dragtige koeie en ’n bul, behoort hul waarde ná sewe jaar R4,2 miljoen te wees.

Volgens Smith beloop die gemiddelde inkomste op ’n tipiese wildplaas tans R220 per hektaar per jaar vergeleke met die R80 per hektaar per jaar vir vee.

Die wildbedryf is ook ’n groot werkskepper aangesien tot drie keer meer personeel op wild- as veeplase in diens geneem word. Die meeste wildplase (50%) word in Limpopo aangetref, gevolg deur die Noord-Kaap (19,5%) en die Oos-Kaap (12,3%).

Die aanvangskapitaal vir wildboerdery is egter duur. “Selfs vir die suksesvolste wildplase sal die aanvanklike kapitaaluitleg R6 beloop vir elke R1-inkomste wat per jaar ingesamel word. Die afgelope 15 jaar het die gemiddelde saamgestelde omset op wildplase met 20,3% per jaar toegeneem.

Meer as in die nasionale parke
Die nagenoeg 2,5 miljoen stuks wild in private besit is vier keer meer as wat in die land se nasionale parke aangetref word. Die 44 maatskappye wat by wildvangery betrokke is, het in 2010 altesame 167 440 stuks wild verskuif en het sowat 1 300 mense in diens gehad om daarmee te help.

“Die huidige uitvoer van wildvleis beloop jaarliks tot 2 000 ton met ’n markwaarde van tot R200 miljoen,” het hy gesê.

* In April vanjaar is R20 miljoen vir ’n buffelkoei betaal. Op dié veiling het die rolprent-magnaat, mnr. Boet Troskie, altesaam R64 miljoen vir nege buffelkoeie betaal.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
-0.7%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,623.15
-0.4%
Silwer
18.12
-1.5%
Palladium
2,066.65
-0.5%
Platinum
845.00
-1.0%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot