Mnr. Johan du Toit, markagent vir Subtropico, sê die wanbesteding, afwesigheid van die markbestuur en algehele verval hou ’n groot bedreiging vir die mark se bedrywighede in.
“Die varsproduktemark is besig om teen ’n groot spoed agteruit te gaan. Vloere en platforms wat vroeër deurgaans skoongemaak is, word nou eenvoudig vuil gelos met skille en ander materiaal wat by pilare opdam, terwyl die masjiene wat die vloere moet skoonmaak almal stukkend is.
“Daar word net nie onderhoud toegepas nie.” Du Toit, wat onder meer as agent vir piesangboere optree, sê dat die mark se rypmaakkamers ook nie meer na wens funksioneer nie.