AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Onluste: Johannesburgmark verhandel 67% minder

akkreditasie
1.	Die gebrek aan lewering en die gevolglike lae voorraadvlakke op die Durbanse varsproduktemark weens die gewelddadige onluste van middel-Julie het meegebring dat eerstegraadse aartappels se prys op Maandag 19 Julie op R100/10kg gestaan het. Foto: Johan van der Merwe
1. Die gebrek aan lewering en die gevolglike lae voorraadvlakke op die Durbanse varsproduktemark weens die gewelddadige onluste van middel-Julie het meegebring dat eerstegraadse aartappels se prys op Maandag 19 Julie op R100/10kg gestaan het. Foto: Johan van der Merwe
Varsproduktemarkte is besig om te herstel ná die ontwrigtende onluste, en in die proses is die waarde van die informele sektor bewys.

Die Johannesburgse varsproduktemark het op 13 Julie ’n daaglikse omset van slegs R13 miljoen gehad weens die gewelddadige onluste, terwyl die mark op dieselfde dag in 2020 ’n omset van R38 miljoen gehad het. Die varsproduktemark in Durban het groot verliese gely omdat dit van 12-15 Julie moes sluit.

Mnr. Deon van Zyl, handelshoof van die Grow Markagentskapgroep, beraam die Johannesburgse varsproduktemark het sowat R50 miljoen in omset weens vertraagde verkope verloor. “Die Durbanmark het egter meer skade gely omdat dit vir vier dae moes sluit. Die situasie op die markte is nou vreedsaam, maar die vraag is steeds baie hoog. Ons Durbanagentskap is besiger as wat dit ooit die afgelope 20 jaar was.”

Goeie getuigskrif

“Die normale verspreidingskanale deur die groot kettingwinkels is uiteraard nog nie herbou nie en is dus nie funksioneel nie. Die informele sektor moet nou intree waar die formele infrastruktuur afgebreek is. Dit is ’n uitstekende getuigskrif vir die vermoë van Suid-Afrikaanse varsproduktemarkte om vinnig ná ontwrigting voedselvoorsiening te verseker. Dit is ook ’n bewys van die informele sektor se vinnige aanpasbaarheid by onvoorsiene omstandighede,” sê Van Zyl.

“Ons voorspel dat die verkope op die varsproduktemarkte vir die afsienbare toekoms redelik goed sal wees. Die prys op die Durbanmark is tans baie hoog omdat die gaping wat die vier dae van onluste veroorsaak het, gevul moet word. Sodra dit gevul is, sal pryse normaliseer. Die vraag op veral die Durbanse varsproduktemark sal effens hoër as normaal wees, waarskynlik tot supermarkte herstel het.”

Mnr. Jaco Oosthuizen, uitvoerende hoof van die RSA Groep, waarsku dat die bedryf nie die ekonomiese werklikhede van die situasie uit die oog moet verloor nie. “Die hoër prys is ’n funksie van die vraag en aanbod wat deur ’n abnormale situasie beïnvloed is. Die informele sektor het ook ’n koste om voedsel aan die verbruiker te verskaf. Die kleinhandelprys sal dus waarskynlik effens hoër as normaal wees.

“Hoewel die toevoerlyne vinnig sal herstel en die prys dan sal normaliseer, moet ons in gedagte hou dat hierdie situasie nie die ekonomie versterk het nie, maar verswak het. Ons moet dus nie ooroptimisties wees nie.”

Kommunikasie

Oosthuizen het luidens 'n verklaring, in sy kapasiteit as ondervoorsitter van die produsentemarkagentskap (PMA) in Suid-Afrika, gesê die varsproduktebedryf moes al vantevore planne beraam om sterk te staan, saam te werk en te verseker dat Suid-Afrika se voedselsekerheid gehandhaaf word.

“Kommunikasie reg oor die bedryf is nou noodsaaklik om ons gesamentlike sukses te verseker. Kom ons bly in kontak met mekaar en dra akkurate inligting so vinnig en doeltreffend moontlik oor deur platforms soos PMA. Kom ons gebruik die krag van ons verbintenisse om saam vorentoe te beweeg.”

PMA moedig sy lede aan om van sy platform gebruik te maak om mekaar in die huidige ongekende omstandighede te kontak en te ondersteun.

PMA vra ook dat mense van SA Harvest en OneFarm Share gebruik maak om te verseker dat vars produkte gestuur word na mense wat dit benodig. Kontak mnr. Ozzy Nel (072 128 1166) of me. Margalite Williams (079 495 4433) van SA Harvest, of mnre. Steve Wyllie (082 895 9353), Sakhile Mthembu (061 3303307) of Jaco Crafford (062 093 6225) vir nog inligting.

Kontak PMA by ljones@pma.com vir nog inligting of om kontak met ander lede in die bedryf te maak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.4%
Rand - Pond
20.12
-0.1%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,705.01
-0.5%
Silwer
20.45
-1.0%
Palladium
2,270.02
+0.4%
Platinum
932.63
+0.8%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,180
-0.4%
Alle aandele
65,528
-0.5%
Hulpbronne 10
62,829
-0.7%
Industriële 25
79,632
-0.5%
Finansiële 15
14,006
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot