AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Onluste ‘sal polisie nie weer onkant vang’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Meer as 500 000 ton suikerriet is in Julie tydens die onluste in 
KwaZulu-Natal aan die brand gesteek. Foto: Verskaf
Meer as 500 000 ton suikerriet is in Julie tydens die onluste in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek. Foto: Verskaf
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se eenheid vir openbare orde kry opskerpingsopleiding.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se eenheid vir openbare orde kry opskerpingsopleiding en 10 000 meer polisielede sal aangestel word om te verseker dat Suid-Afrika nie weer blootgestel word aan gewelddadige, vernietigende onluste soos wat in Julie vanjaar in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het nie.

Die onluste het skade van nagenoeg R50 miljard meegebring, waarvan die skade aan die KwaZulu-Natalse landbousektor nagenoeg R2 miljard beloop. Sowat ’n miljoen liter melk van R6 miljoen moes weggegooi word en ’n 80%-daling is gesien in die lewering aan, verhandeling by en insameling van Gautengse varsproduktemarkte.

Mnr. Cassel Mathale, adjunkminister van polisie, het tydens ’n vraag-en-antwoordsessie in die nasionale vergadering aangedui dat die polisie se misdaadintelligensie beter is en dat die polisie nie weer onkant gevang sal word soos in Julie nie.

Mnr. Henry Shembeni, EFF-LP, het gesê die 2019-verslag van die polisie se burgerlike sekretariaat het aangedui dat 60% van polisiebeamptes polisiewerk doen en 40% kantoorwerk. Die verslag het ook aangedui dat die polisie:burger-verhouding in Suid-Afrika baie laer is as wat die Verenigde Nasies vir ’n land soos Suid-Afrika voorstel.

Hy het gevra watter ingrypings is sedertdien gedoen sodat meer polisiebeamptes in die veld werk.

Mathale het gesê oor die jare het die getal polisiepersoneel afgeneem. In 2019 is besluit om elke jaar 5 000 rekrute in te neem. Dit is gedoen totdat die covid-19-pandemie die proses onderbreek het.

Hy het gesê dat 10 000 rekrute in die 2022-’23-boekjaar ingeneem sal word. Daar is reeds met die tesourie gepraat oor die nodige finansiering. Die meeste rekrute sal na die eenheid vir openbare orde gaan. Die eenheid het 5 005 lede teenoor 12 000 wat benodig word.

Me. Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die portefeuljekomitee op polisie, wou weet watter stappe gedoen is om vrede en stabiliteit ná die onluste te verseker en wat die plan is om die kapasiteitsbehoeftes te vul.

Volgens Mathale is gebeurlikheidsplanne in die geaffekteerde gebiede ingestel en misdaadintelligensie vloei doeltreffend. Polisiebeamptes is op bystand indien interprovinsiale ontplooiing benodig word. Lede van die eenheid vir openbare orde kry opleiding en diegene wat reeds opgelei is, se opleiding word opgeskerp.

“Dit was duidelik uit die Julie 2021-onrussituasie dat voldoende lede van die eenheid vir openbare orde vir skarebestuur benodig word. Maatreëls is getref om te verseker dat toerusting en voertuie, insluitend pantservoertuie, onderhou word en gereed is vir ontplooiing wanneer dit nodig is.”

Voorstelle

In Augustus, net ná die onluste, het lt.genl. Sehlahle Masemola, adjunk- nasionale kommissaris van die polisie, aan die gekose komitee vir sekuriteit en justisie gesê dat opleiding verbeter moet word sodat die polisie en wetstoepassers opleiding kry om voorbereid te wees vir meer wydverspreide onluste of gevalle waar onluste op verskillende plekke gelyktydig plaasvind.

Die eerste respondente van polisiekantore moet uitgaan om met die betogers te onderhandel, en die eenheid vir openbare orde ontbied. Hy het uitgewys daar was nog nooit vantevore so ’n grootskaalse opstand gelyktydig op verskillende plekke in Suid-Afrika nie.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het gesê dat daar meer belê moet word om lede van wetstoepassingsagentskappe onder meer fiks te kry en hul geestestoestand te verbeter vir wanneer hulle baie stresvolle situasies soos die onlangse onluste moet hanteer. Die polisie het ook aangedui dat die behoefte vir ’n mobiliseringsplan bestaan sodat verseker kan word dat gemeenskappe gemobiliseer word in grootskaalse onlussituasies om met voorstelle vir ingryping vorendag te kom.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot