AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Onluste: Staat moet landelike gebiede beskerm

akkreditasie
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Die regering se sekuriteitskluster moet voortydig optree, die nodige inligting inwin, situasies ontleed en met strategieë vorendag kom nog vóór onluste voorkom sodat katastrofiese gevolge, soos die onderbreking van voedselverskaffings- en waardekettings, vermy kan word.

Dít is een van die aanbevelings in ’n verslag wat die wetenskaplike raadgewende liggaam (SAGE) na aanleiding van die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng, bekend gemaak het. Die bevindinge in die verslag is gebaseer op mediaberigte oor die onluste.

Die verslag kom tot die gevolgtrekking dat die onluste en plundering in dié provinsies tot ’n tekort aan verbruikersmiddels, die onderbreking van landboubedrywighede en moontlike probleme met toegang tot en bekostigbaarheid van kos gelei het. Al drie hierdie gevolge is ’n bedreiging vir voedselsekerheid, nie net in KwaZulu-Natal en Gauteng nie, maar landwyd.

Luidens die verslag het boere in veral KwaZulu-Natal noemenswaardige verliese weens die onluste en plundering gely. Die lewensvatbaarheid op lang termyn van plase is ook benadeel.

Die presiese waarde van die finansiële skade wat weens die onluste gely is, word nog bepaal. Vroeë skattings deur die KwaZulu-Natalse landbou-unie (Kwanalu) dui egter aan dat die skade aan die provinsie se landbou-ekonomie meer as R2 miljard kan beloop. Volgens die Melkprodusente-organisasie moes daar tydens die onluste amper 1 miljoen liter melk weggegooi word.

Paniekaankope van produksiemiddels vir die landbou kan volgens die verslag lei tot verhoogde produksiekoste op plase. Die verslag waarsku ook dat die pryse van voedsel en grondstowwe vir voedselverwerking na verwagting op kort termyn sal styg. Die medium- tot langtermynimpak van die onluste sal afhang van hoe die voorsienings- en waardekettings daarop reageer.

Luidens die verslag kan die onluste selfs in Suid-Afrika se buurlande tot voedselprysstygings lei.

BESKERM LANDELIKE GEBIEDE

Die verslag beveel aan dat misdaadinligting moet kyk na moontlike bedreigings vir landelike gebiede en landbougemeenskappe, en dat die veiligheid en sekuriteit van landelike gemeenskappe en plase ’n groter voorrangsaak moet wees.

Verder beveel die verslag aan dat die sekuriteit van strategiese bates, soos die Durbanhawe, hoofroetes en raffinaderye, voorrang moet kry om onbelemmerde, veilige vervoer van landbouprodukte landwyd te verseker.

Die verliese wat weens die onluste en plundering gelei is, moet bepaal word, asook versekeringsdekking en die behoefte vir ingrypings om produsente se kapasiteit te verbeter. “ ’n Tydsgebonde reaksie om produksie te verbeter, sal help om lewensbestaan, inkomste, toegang tot voedsel en bekostigbaarheid te verbeter.”

VOEDSELSEKERHEID

Aangesien onluste en plundering ’n ongunstige impak op produksie en gevolglik kort- tot mediumtermyn voedselsekerheid het, moet daar volgens die verslag samewerking tussen die regering se sekuriteitskluster en private sekuriteitsorganisasies wees om landelike gemeenskappe en boere te beskerm.

Luidens die verslag moet logistieke ingryping in KwaZulu-Natal en Gauteng voorrang kry om voedselsekerheid te verseker en ’n styging in voedselpryse te vermy. Om voedseltekorte te vermy, moet maatreëls ingestel word wat verseker dat voedsel versprei word van provinsies waar daar ’n voedselsurplus is na provinsies waar daar tans ’n tekort is.

Herbouing ná die onluste bied volgens die verslag ’n geleentheid om kleinboere by die waardeketting van plaaslike supermarkte en kleinhandelaars in te sluit, en sodoende ’n inklusiewe ekonomie te ontwikkel wat die potensiaal het om die hoë vlakke van ongelykheid in die Suid-Afrikaanse samelewing te verminder.

“So ’n strategie sal help om die plundering van plaaslike supermarkte en kleinhandelaars te voorkom omdat die gemeenskap meer verbind tot die ondernemings sal voel en hulle gevolglik sal beskerm.”

HAWENS

Die verslag beveel aan dat bedrywighede by Suid-Afrika se hawens so glad moontlik moet verloop en vraghouers so vinnig moontlik uit die weg geruim moet word. Dit kan dalk selfs langer as gewoonlik duur aangesien Transnet tans probeer om agterstande in te haal nadat kuberkrakers onlangs op sy IT-stelsels toegeslaan het.

Die verslag beveel veral aan dat die nodige maatreëls ingestel moet word sodat die Suid-Afrikaanse vleisverwerkersvereniging (Sampa) ingevoerde produkte so vinnig moontlik van die hawens na koue-opbergingsgeriewe en fabrieke in Gauteng en KwaZulu-Natal kan vervoer.

Dié maatreëls moet egter nie die veiligheid of gehalte van voedsel in die gedrang bring nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot