AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Onluste: Vars suikerriet ingewag om vinniger normaliteit te bereik

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Suikerrietkwekers is die hardste in die suikerbedryf getref gedurende die onluste in KwaZulu-Natal met brandstigters wat meer as 560 000 ton suikerriet met ’n inkomstewaarde van miljoene rande aan die brand gesteek het.

Weens gehalte kwessies moes meer as 40 000 ton suikerriet verwerp word. Daar is reeds aangedui dat nog duisende tonne nie verwerk sal word nie. Twee suikerpakhuise waar 12 000 ton suiker opgeberg is, is ook deur plunderaars aangeval en groot volumes suiker is gesteel.

Die South African Farmers’ Development Association (Safda) sê in die aanloop en gedurende die onluste teen middel Julie is verskeie boere se plase aan die brand gesteek. Die ontwrigting in die vragvervoerstelsel weens die betogings en plundering het meegebring dat die suikerriet wat aan die brand gesteek is, nie na die suikermeulens vervoer kon word nie en honderde hektare suikerriet het gevaar geloop om onbruikbaar te raak. Tien suikermeulens moes tydelik hul deure sluit. Nadat die suikermeulens weer heropen het, het die Sezela-meulenaarsraad baie van die gebrande suikerriet verwerp.

Safda sê dit het ’n verwoestende uitwerking op kleinskaalse boere en begunstigdes van grondhervorming wat met suikerriet boer, veral omdat kleinskaalse kwekers een keer per jaar oes. Verlede jaar het suikerrietkwekers ook baie gely weens ’n soortgelyke besluit ná wegholveldbrande en ander probleme in die voorsieningsketting.

“Vir baie kleinskaalse suikerrietkwekers is boerdery ’n manier van basiese oorlewing en die inkomste word gebruik om vir noodsaaklikhede soos kos, klere en onderrig te betaal. Vir die begunstigdes van grondhervorming is boerdery ’n nuwe aktiwiteit in ’n sektor wat baie belegging en veerkragtigheid verg.”

Afgekeurde suikerriet

Die direksie van die Sezela-meule het einde Julie ’n kennisgewing aan suikerrietkwekers gestuur om hulle te verwittig dat alle suikerriet wat geoes was voordat die moratorium op 25 Julie opgehef is, nie aanvaar sal word nie om vars suikerriet te gebruik sodat die meulkapasiteit so gou moontlik terug na normaal gebring kan word.

Dit sluit in suikerriet wat reeds op vragmotors gelaai is en wag om geweeg te word. Mnr. Errol Koekemoer, voorsitter van die direksie van die Sezela-meulenaarsgroep, het gesê dat hulle die koste met die meulenaars sal deel rakende die verwydering van alle verwerpte suikerriet wat by die perseel afgelaai word om te verseker dat omkeertye bespoedig word en die arbeidsintensiewe aflaai van die produk met die hand gekeer word.

Die betrokke kwekers sal briewe kry oor hul produk wat afgekeur is. Daaglikse belasbare aflewering is ook onmiddellik tot 50% beperk. Kwekers is aangesê om nie suikerriet bo hierdie beperking te oes of te brand tot verdere kennisgewing nie. Hulle is ook gevra om onder geen omstandighede voorraad op te bou nie sodat die suikerriet so vars as moontlik gehou kan word.

Koekemoer het gesê dat die meule in die week van 26 Julie ’n “afwaartse spiraal” beleef het en gedreig het om tot stilstand te kom. ’n Voortdurende water:energiewanbalans het gelei tot verhoogde steenkoolverbranding en die vermorsing van kondensaat wat die ketels kan beskadig.

Strooptenkvlakke was op volle kapasiteit, wat ’n afname in die parskoers meegebring het. Die volgehoue agteruitgang van suikerriet in die voorsieningsketting het veroorsaak dat sommige vragte suikerriet vir bo 4% nie-sukrose en onder 80,4% suiwerheid getoets het. Die meeste suikerriet is van lae gehalte met die vertragings van die brand van die produk tot die parsing daarvan wat toe gemiddeld 211 uur was, met die oudste suikerriet wat 384 uur geneem het. Daar is ook onvoldoende vars suikerriet vergeleke met die ou suikerriet en dit blyk dat sommige suikerrietkwekers aangehou het om verwerpte suikerriet te stuur.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
20.03
+0.5%
Rand - Euro
17.58
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.50
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,712.14
-0.3%
Silwer
20.59
-0.3%
Palladium
2,275.31
+0.8%
Platinum
926.89
+0.5%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek....
Eks n kind van God. Eerlik, opreg en vriendelik. Het 2 kinders wat alles beteken vir my. Hou van motorsport, kamp en buitelug. Waardes en lojaliteit baie belangrik asook...
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot