AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Onmin oor ingevoerde koring

Koringboere is die joos in vir meulenaars wat goedkoop koring invoer wat glo nie vir menslike gebruik geskik is nie en sê dat hulle nie soortgelyke koring van plaaslike koringboere sal koop nie. Die meulenaarsbedryf skryf dit egter af as propaganda om die koringprys, wat die afgelope tyd kwaai geval het, weer op te jaag.

Mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan Suid-Afrika, beskuldig meulenaars daarvan dat hulle koringboere met ingevoerde koring intimideer om die prys van plaaslike koring, waarvan daar 'n tekort is, tot onder invoerpariteit van soortgelyke koring af te druk. Hy sê Graan SA het 'n onafhanklike ondersoek laat doen na die gehalte van die koring wat tot dusver uit Kazakstan, Engeland, Rusland en Amerika ingevoer is. Met die uitsondering van een monster uit Amerika wat as utiliteitsgraad gegradeer is, val die ander koring in die klas van voergraad wat nie vir menslike gebruik geskik is nie. Hy sê hoewel hierdie koring wettig ingevoer word, is daar van die monsters wat die minimum vlakke van skadelike sade (convolvulus sp.) drievoudig tot tienvoudig oorskry. Dit voldoen dus nie aan plaaslike regulasies nie. Mnr. Botma sê 'n ontleding van die maal- en bakgehalte van die ingevoerde koring dui daarop dat die kultivars nie in Suid-Afrika vrygestel sal word nie omdat dit nie aan die vereistes voldoen wat plaaslike meulenaars aan plaaslike kultivars stel nie. "Soortgelyke kultivars wat in die verlede in Suid-Afrika geproduseer is, is op aandrang van meulenaars van die kultivarlys verwyder. Van hierdie kultivars het baie goeie akkerboukundige eienskappe gehad met 'n lae produksierisiko. Taugela DN is 'n goeie voorbeeld hiervan." Hy sê hierdie ingevoerde koring sal volgens die standaarde wat meulenaars self op die plaaslike koringbedryf afdwing, nie geskik wees om die soort brood te bak wat in Suid-Afrika vereis word nie en moet noodgedwonge met plaaslike koring verbeter word. Hy het gewaarsku dat hierdie strategie koringproduksie in Suid-Afrika, wat nie genoeg is om in die plaaslike vraag te voorsien nie, benadeel en kan boere dwing om na alternatiewe gewasse met 'n laer verbouingsrisiko oor te slaan. Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die SA Meulenaarskamer, het heftig op dié aantygings gereageer en gesê al die koring wat ingevoer word, gaan deur die gewone kanale van doeane en aksyns, die Departement van Gesondheid se inspeksies en die direktoraat Plantbeskerming van die Departement van Landbou voordat dit plaaslik vrygestel word. Die vereistes vir die getal giftige sade in koringmonsters is in Suid-Afrika baie strenger as in talle ander lande, insluitend Amerika. Mnr. De Villiers sê bakkers het nog nie gekla dat die bakgehalte van die ingevoerde koring nie aan die vereistes van die bedryf voldoen nie. As mnr. Botma se aantygings waar is, sal meulenaars 'n ondersoek deur die Departement van Gesondheid verwelkom. 20 Desember 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.11
+0.5%
Rand - Euro
17.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot