AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Onteien: 'Kopskuif nodig oor vergoeding'

Markwaarde is nie die enigste of belangrikste faktor met die vasstel van vergoeding by onteiening nie, het ‘n regter bevind.

Meer hofuitsprake is nodig oor die faktore betrokke by die bepaling van vergoeding wanneer grond vir grondhervorming onteien word

Só sê prof. Elmien du Plessis van die NoordwesUniversiteit, wie se doktorsgraad oor vergoeding vir onteiening gehandel het. Sy het ’n onlangse uitspraak in die Grondeisehof verwelkom. Waarnemende regter Tembeka Ngcukaitobi het benadruk dat markwaarde nie die enigste of belangrikste faktor is nie.

Hy het beslis dat die boer aan wie die stuk grond naby Middelburg, Mpumalanga, behoort, en wat in ’n grondeis aan ’n huurarbeider toegeken is, nie R4,3 miljoen, vir toekomstige waarde, of R1,8 miljoen, vir landbouwaarde, moet ontvang nie, maar R1,5 miljoen.

Du Plessis sê dit is een van die min kere waar ’n regter in ’n grondhervormingsaak voldoende aandag gee aan faktore buiten markwaarde.

Grondwethof

Sy sê dit gee “ ’n ryker interpretasie” aan ’n vorige uitspraak in die Grondwethof waarvolgens ’n tweestapbenadering gevolg moet word – markwaarde word as die wegspringplek gebruik, maar dan word ander faktore in ag geneem word om die waarde opof afwaarts aan te pas.

Du Plessis sê dit is duidelik die regter het groot oorweging geskenk het aan die feit dat die huurarbeider, mnr. Msindo Phillemon Msiza, se familie sedert 1936 al op die grond was.

“Die huidige eienaars het die grond onderhewig aan die huurarbeider se grondeis gekoop. Hulle kon die grond nog nooit vir enigiets anders gebruik het nie.”

Du Plessis sê baie mense moet nog die kopskuif maak dat billike en regverdige vergoeding nou die grondwetlike maatstaf is. Sy benadruk dat billike en regverdige vergoeding ’n konteksgedrewe vraag is wat van saak tot saak sal verskil.

 Wil boere nie benadeel nie

“Mense moet meer geloof in die regstelsel hê. Regters se doelwit is nie om boere te benadeel nie. Hulle sal alle faktore in ag neem. Wat in dié geval billik is, is nie noodwendig billik in ’n volgende geval nie.

“Omdat billike vergoeding só moeilik is om te kwantifiseer, het ons meer hofuitsprake hieroor nodig, sodat daar vir almal meer rigtinggewing hieroor sal wees.”

Du Plessis sê dit sal ook goed wees as howe meer uitsprake oor die sogenoemde tweestapbenadering gee.

Du Plessis sê die lang sloering met grondeise skep baie onsekerheid.

 Regverdige vergoeding

“As ’n boer meer sekerheid sou gehad het dat ’n eis op sy grond vinnig afgehandel gaan word, dat daar ’n goeie kans was dat die eis sou slaag en dat hy net billike en regverdige vergoeding kon verwag, kan hy dit vanuit die staanspoor in sy beplanning in ag neem.”

Du Plessis sê dit is verder belangrik om die groter prentjie in gedagte te hou.

“Die Grondwet waarborg nie jou eiendomsreg nie, maar wel dat ’n sekere proses gevolg moet word indien ’n onteiening plaasvind, en dat vergoeding betaal moet word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
-0.5%
Rand - Pond
19.48
-0.5%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,639.63
-0.2%
Silwer
18.65
-1.2%
Palladium
2,049.50
-1.1%
Platinum
855.50
-0.4%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,553
-1.0%
Alle aandele
62,820
-0.9%
Hulpbronne 10
55,048
-2.3%
Industriële 25
78,598
+0.2%
Finansiële 15
13,904
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot