AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Onteiening: Nasionale raad van provinsies ‘moet moontlike katastrofe verhoed’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Die nasionale raad van provinsies moet ter wille van die landbousektor en voedselsekerheid die wetsontwerp op onteiening heroorweeg, sê Agri SA.

Luidens ’n verklaring het Agri SA kommentaar ingedien op die huidige wetsontwerp, wat verlede jaar deur die nasionale vergadering aanvaar is en nou deur die nasionale raad van provinsies oorweeg moet word. Indien dié raad ook die wetsontwerp aanvaar, sal dit na pres. Cyril Ramaphosa vir bekragtiging gestuur word en as ’n amptelike wet geld.

Agri SA het in sy voorlegging uitgelig watter nadelige gevolge die wetsontwerp op die landbousektor en groter ekonomie sal hê. Luidens die verklaring is Agri SA veral bekommerd oor die definisie van onteiening, asook artikel 12 van die wetsontwerp wat handel oor vergoeding vir onteiening.

“Die verwatering van eiendomsreg sal dit uiters moeilik maak om kapitaalbeleggings te lok vir boere in ’n sikliese sektor wat staatmaak op eiendomsreg om toegang tot bedryfskapitaal te verkry.

“Hierdie ondermyning van die lewensvatbaarheid van gevestigde, opkomende en nuwe produsente kan lei tot ’n katastrofiese ineenstorting van Suid-Afrika se voedselsekerheid.”

Agri SA meen voedselproduksie in Suid-Afrika word reeds bedreig deur beduidende inflasionêre druk, beurtkrag en verswakkende infrastruktuur wat vererger word deur omgewingsverskynsels soos vloede, droogtes en sprinkaanuitbrekings.

“Buiten voedselsekerheid sal die wetsontwerp ook die doelwit om transformasie in die landbousektor te bewerkstellig, ondermyn. Sonder grondwetlik beskermde eiendomsreg sal minder opkomende boere toegang hê tot die kapitaal wat nodig is om volhoubare boerderybedrywighede te bou.

“Gevestigde produsente en nuwe toetreders tot die landbousektor sal uitgelewer wees aan ’n reg in die wet wat enige oomblik van hulle weggeneem kan word.”

Volgens Agri SA strek die ekonomiese gevolge van die wetsontwerp veel verder as die landbousektor. “Met ’n afname in voedselproduksie sal die behoefte aan verhoogde voedselinvoer tot nadeel van Suid-Afrika se handelsbalans geskied.

“Die gevolglike netto uitvloei van geld uit die plaaslike ekonomie sal minder inkomste vir die fiskus beteken, wat dan sal lei tot ’n afname in broodnodige hulpbronne om die infrastruktuur en instellings te herbou, en om dienslewering aan die armstes in Suid-Afrika te verbeter.”

Verder meen Agri SA die wetsontwerp strook nie met die Suid-Afrikaanse Grondwet of grondwetlike demokrasieë wêreldwyd nie. “Die verwatering van eiendomsreg het ernstige gevolge, soos geïllustreer is in die vernietiging van die ekonomieë van Zimbabwe en Venezuela.

“Die moontlike gevolge van die aanvaarding van die onteieningswetsontwerp is skrikwekkend. Die land se voedselsekerheid en die lewensvatbaarheid van die arbeidsintensiewe landbousektor in Suid-Afrika is in die weegskaal.

“Eiendomsregte vorm die hoeksteen van ekonomiese ontwikkeling en Agri SA sal elke hulpmiddel tot sy beskikking aanwend om die beskerming daarvan ingevolge die Grondwet van Suid-Afrika te verseker. Ons vertrou dat die land se verteenwoordigers in die NRP gehoor sal gee aan ’n dringende waarskuwing, en dat die regering hierdie vernietigende wetgewende eksperiment sal heroorweeg.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-0.0%
Rand - Pond
21.95
+0.6%
Rand - Euro
19.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
991.29
+1.1%
Palladium
1,465.87
-0.8%
Goud
1,969.32
-0.6%
Silwer
24.07
+0.7%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Opsoek na iemand opreg...
Ek is n eerlike opregte persoon en is opsoek na daai spesiale persoon wat ook moeg is om alleen te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot