AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

‘Onteiening sonder betaling bestaan nie’

Onteiening sonder vergoeding is volgens die Grondwet heeltemal onmoontlik, sê me. Annelize Crosby, regs- en grondsake-adviseur van Agri SA.

Die afgelope tyd het pres. Jacob Zuma en ander politici oproepe gedoen dat die Regering moet kyk na die moontlikheid om grond sonder vergoeding te onteien vir die doel van die herverdeling van grond. Maar totdat die ANC hieroor by sy nasionale konferensie in Desember besluit, bestaan daar nie so ’n beleid van die ANC nie.

Me. Annelize Crosby, regs- en grondsake-adviseur van Agri SA, verduidelik dat Artikel 25 van die Grondwet regverdige en billike vergoeding by onteiening vereis. Ontneming sonder vergoeding is wel moontlik. Onteiening is ’n tipe van ontneming. Die oomblik wat ’n staatsoptrede as onteiening gedefinieer word, is vergoeding altyd betaalbaar.

Enige wegneem van eiendom sonder vergoeding is ’n baie ernstige ingryping in die regte van ’n individu, sê Crosby.

Internasionlae kwessies

Eiendomsreg is ’n fundamentele mensereg wat deur die meeste internasionale konvensies op menseregte as sulks erken word. Artikel 39 van die Grondwet bepaal dat howe, by die uitleg van die handves van regte, die waardes van ’n oop en demokratiese samelewing moet bevorder en moet die howe ook die volkereg in ag neem.

Die volkereg is onder andere vervat in die internasionale konvensies op menseregte. In die meeste modern jurisdiksies het grondeienaars wel ’n grondwetlike reg op vergoeding.

’n Warm debat is ook aan die gang oor die berekening van vergoeding in terme van die land se Grondwet.

Grondaankope deur die staat

Die Waardeerder-Generaal se regulasies wat toegepas sal word ten aansien van grondaankope deur die staat word nog afgewag. Die regulasies sal na verwagting poog om groter duidelikheid te gee oor hoe die faktore wat in Artikel 25(3) van die Grondwet gelys word, aangewend moet word om by regverdige en billike vergoeding uit te kom. Die feit is egter dat die eindresultaat regverdig en billik moet wees en enige relevante faktor kan in hierdie berekening in ag geneem word.

Nog ’n vraag wat opduik is, wat sou dit behels om Artikel 25 uit die Grondwet te verwyder of te wysig. Artikel 25 beskerm ’n fundamentele mensereg, wat ingevolge internasionale menseregte-instrumente, soos die Universele Verklaring van Menseregte van die Verenigde Nasies, die Europese Konvensie op Menseregte en die Afrika-konvensie op Menseregte, beskerming geniet.

Daar is nog nooit vantevore in Suid-Afrika gepoog om ’n fundamentele mensereg wat beskerm word in die Menseregtehandves in die Grondwet te skrap of te wysig nie. Een van die grondwetlike beginsels vervat in Bylae Vier van die Grondwet bepaal dat elke persoon moet alle universele fundamentele regte en vryhede geniet, welke regte in die Grondwet vasgeskryf en beskerm moet word.

Twee-derde meerederheid

Dit is ‘n baie ernstige en radikale stap om te neem. In praktyk sou dit behels dat ’n twee-derde meerderheid in die Nasionale Vergadering ten gunste daarvan stem en dat ses van die nege provinsies in die Nasionale Raad op Provinsies ook ten gunste daarvan is.

Solank as wat artikel 25 in die Grondwet is, is onteiening sonder enige vergoeding onmoontlik.

Dat grondhervorming steeds ’n brandpunt is, is onbetwisbaar. Dat die Regering met verstommende planne vorendag kan kom in ’n poging om die vraagstuk oor grondhervorming op te los, is vandag ook nie meer ’n verassing nie, sê prof. Elmarie van der Schyff van die Universiteit van Noordwes, ’n kenner in eiendomsreg.

Howe is waghond

Sy verduidelik solank as wat die oppergesag van die reg erken word en die Grondwet die basis van die Suid-Afrikaanse regstelsel vorm, sal die howe steeds die waghond wees om te verseker dat grondhervorming in ooreenstemming met grondwetlike waardes geskied. Dit is egter belangrik om te besef dat Artikel 25 nie die voortbestaan van private eiendomsreg van grond waarborg nie.

Artikel 25 waarborg slegs dat wanneer daar inbreuk gemaak word op private eiendomsreg, daardie inbreukmaking die toets van Artikel 25 moet deurstaan. Artikel 25 bepaal nie dat markverwante vergoeding betaal moet word wanneer eiendom onteien word nie, dit bepaal wel dat vergoeding betaal moet word, en dat daardie vergoeding bereken moet word met inagneming van die huidige gebruik van die eiendom, die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom, die markwaarde van die eiendom, die omvang van regstreekse belegging en subsidie deur die staat ten opsigte van die verkryging en voordelige kapitale verbetering van die eiendom en die doel van die onteiening. Artikel 25 maak ook voorsiening dat die regte wat in die artikel verskans word, beperk kan word.

Geen magiese waarde

Grond is ’n beperkte natuurlike hulpbron en die enigste medium waarin voedsel grootskaals verbou kan word. Diegene wat smag na grond moet besef dat die blote eiendoms- of gebruiksreg van grond geen magiese waarde het om armoede te oorwin of menswaardigheid te vind nie.

Diegene wat wel grondeienaars is, moet tegelykertyd besef dat die ongelyke verdeling van grond wat deur die land se apartheidsgeskiedenis veroorsaak is, gevolge inhou vir huidige en toekomstige geslagte.

Eiendomsreg van grond is en bly ’n kontensieuse en emosionele onderwerp, sê Van Der Schyff.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-1.0%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.22
-0.4%
Palladium
1,602.19
-1.8%
Goud
1,866.74
-0.2%
Silwer
22.24
-0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer. Ek lewe onder die sterre, kamp voltyds, gereed om die pad te vat..
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot