AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Onteiening sonder vergoeding: Neem die gesprek eerder só vorentoe

akkreditasie
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Grondonteiening sonder vergoeding mag vir die ANC na ’n eenvoudige oplossing klink vir die slakkepas waarteen grondhervorming vorder, maar só maklik is dit nie, sê 'n kenner.

Grondonteiening sonder vergoeding mag vir die ANC na 'n eenvoudige oplossing klink vir die slakkepas waarteen grondhervorming vorder, en waarvoor hy 'n groot deel van die skuld moet dra, maar só maklik is dit nie, sê prof. Elmien du Plessis, grondhervorming- en eiendomsreg-kenner van die Universiteit van Noordwes.

Prof. Elmien du Plessis. Foto: Verskaf

Die regerende party het pas op sy 54ste kongres in die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg sy nasionale uitvoerende komitee gelas om veranderings aan Artikel 25 van die Grondwet voor te stel. Dit sal onteiening sonder vergoeding moontlik maak.

Du Plessis meen egter die Regering het ná meer as 20 jaar van grondhervorming in elk geval nie Artikel 25 soos dit nou in die Grondwet staan, behoorlik benut om die proses te laat vorder nie. ’n Hersiening gaan nie noodwendig ’n verskil maak nie. Die debat moet eerder elders gevoer word, sê sy.

“Kom ons praat oor wat tot dusver gebeur het in gevalle waar grond vir grondhervorming bekom is. Die ANC se beleid was baie lank om grond ingevolge die kontrakbeginsel te bekom – die beginsel van ’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper.

“Dít het beteken dat die partye oor die prys onderhandel het. Baie anekdotiese vertellings lui dat ’n betrokke eienaar ‘net nie die goeie aanbod van die staat kon weier nie’. Ek skat omtrent 98% van grond vir grondhervormingsdoeleindes is op dié manier oorgedra.

Staat het nog nooit Artikel 25 benut nie

“In die enkele gevalle van onteiening wat ek kon opspoor (en om inligting daaroor uit te snuffel, is moeilik), het die staat onteien en markwaarde as vergoeding betaal. Dit beteken die staat het tot dusver nog nooit Artikel 25 benut nie. En nou wil die ANC ’n onbenutte bepaling verander? Watter waarborg het ons dat die Regering dit nie wel gaan benut as so ’n voorsiening is nie?”

Du Plessis meen die gesprekke oor vergoeding en onteiening moet veel eerder klem lê op duidelike riglyne oor hoe die staat gaan bepaal wie kry watter grond (gegewe grondeise wat ná twintig jaar steeds nie afgehandel is nie) en wat die gevolge van onteiening sonder vergoeding kan wees.

“Byvoorbeeld, as daar geen vergoeding is nie en daar is ’n verbandlening op die eiendom, hoe gaan daar teen die tyd van die onteiening met daardie verband gehandel word? Teoreties sal die banke steeds die eks-eienaar vir die lening verantwoordelik kan hou. Maar as hy eenvoudig weier om te betaal, verloor die bank, en as baie voormalige eienaars weier om te betaal, kan die bankstelsel ineenstort. Die gevolg kan hiperinflasie wees.

“Dit is ingewikkelde kwessies,” sê Du Plessis.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
+0.9%
Rand - Euro
16.83
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.77
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
If I could turn BACK TIME 😉😋
Maak nie saak wat positief n mens probeer oor jouself hier uit beeld nie, mans het hulle eie mening en sienswyse 👌 Kom val in die deur in en kyk of julle van hou wat...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot