AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Onteiening: Wêreld het reeds die ANC uitgevang

akkreditasie
Foto: Brand Republic
Foto: Brand Republic
Die ANC se irrasionele poging om in die Grondwet voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding is tekenend van die politieke probleme wat die party onder die kieserskorps ervaar, en van die kortsigtigheid van sy leierskorps wat Suid-Afrika reeds in ’n ekonomiese moeras in bestuur het, sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.

Saai het vandag, op die laaste dag dat kommentaar op die voorgestelde wysigings aan die Grondwet gelewer kan word, sy kommentaar ingedien.

De Jager sê onteiening sonder vergoeding het nêrens ter wêreld voorspoed, vrede of ekonomiese groei gebring het nie. Dit sal ook nie in Suid-Afrika goeie gevolge hê nie. “Zimbabwe en Venezuela, die twee mees onlangse gevallestudies, het duidelik gewys hoe lande in duie kan stort as eiendomsreg nie gerespekteer en beskerm word nie.

“Die retoriek daaroor beïndruk wel die armste gemeenskappe met die swakste opleidingspeile in afgeleë landelike gebiede wat niks het om te verloor nie. Vandaar die gevry na hul stemme.”

Hy sê die geloofwaardigheid van titelaktes is nie net vir hul eienaars belangrik nie, maar ander ook die landboufinansieringstelsel omdat dit as sekuriteit vir lenings dien. “Die reg om eiendom te besit is die hoeksteen van die vrye mark en word in artikel 17 van die Universele Verklaring van Menseregte as ’n onvervreembare reg beskryf.

“Die ANC het reeds die 107 jaar oue Land Bank in die grond in bestuur. ’n Verlies van vertroue in eiendomsgebaseerde kollateraal het geen geringe rol daarin gespeel nie. Dit maak dit vir boere al hoe moeiliker om toegang tot finansiering, beleggings en groeigeleenthede te kry.”

Volgens De Jager is Saai veral bekommerd oor die buitelandse implikasies van die ANC se “gevaarlike waagstuk”.

“In weeklikse skakeling met buitelandse regerings, ambassades, landbou-unies, joernaliste en multinasionale agentskappe soos die EU, VN, VLO en Wêreldbank is dit vir Saai duidelik dat die ANC die internasionale opinie oor onteiening sonder vergoeding verkeerd lees. Die instellings is baie goed ingelig oor die situasie in Suid-Afrika, volg die Zondo-kommissie nougeset en verstaan die verband tussen staatskaping, korrupsie, die ineenstorting van die semi-staatsinstellings en wanbestuur.

“Suid-Afrika se diplomatieke korps is hoegenaamd nie voorbereid op of toegerus om die ANC se agenda verteerbaar op te dis nie en het reeds die morele hoë grond prysgegee.”

De Jager meen die wêreld het die ANC uitgevang dat hy oneerlik is oor sy motiewe vir onteiening sonder vergoeding. “Hulle weet dit is nie die beginsel van ’n vrywillige verkoper wat misluk het nie, maar ’n hopeloos korrupte koper. Al probeer die ANC die verslag van sy eie Motlanthe-kommissie se ondersoek na grondhervorming onder die tafel vee, is die verslag reeds wyd versprei en bestudeer.

“Dit sou die ANC baat om eerder die werklike probleme soos korrupsie, nepotisme en selfverryking onder sy kaders en staatsamptenare, soos wat in die Motlanthe-verslag uitgewys is, te takel voordat hy met ’n slenter soos onteiening sonder vergoeding kom wat Suid-Afrika weer tot muishondstatus verdoem.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot