AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Onteieningswetsontwerp: Opposisiepartye omgekrap oor ‘agterdeur’-taktiek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie. Foto: Jean-Marie de Waal
Foto ter illustrasie. Foto: Jean-Marie de Waal
Opposisiepartye het aangedui hulle sal aanhou baklei teen die wetsontwerp op onteiening wat vroeër vandag deur ’n parlementêre portefeuljekomitee goedgekeur is.

Die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur het die week oor klousules van die wetsontwerp oor onteiening gestem ná 22 maande se openbare verhore, voorleggings en debatte oor klousules daarvan.

Al dié wetsontwerp se klousules is vanoggend (Woensdagoggend) met ’n ANC-meerderheid in die portefeuljekomitee goedgekeur. Die DA en VF Plus het teen die wetsontwerp in sy huidige formaat gestem.

Die wetsontwerp is egter nou op pad na die nasionale vergadering en volgens die twee partye sal hulle voortgaan om te baklei teen pogings van die ANC om onteiening sonder vergoeding in wetgewing in te skryf.

Die ANC het verlede jaar misluk in sy poging om onteiening sonder vergoeding deur die nasionale vergadering goedgekeur te kry. Tog het die ANC dit op sy beleidskonferensie duidelik gemaak onteiening van grond sonder vergoeding bly belangrik vir die party. Die party wil ook sien dat grondhervorming bespoedig word.

Volgens die DA is die wetsontwerp soos dit nou daar uitsien, erg in gebreke en ’n beduidende bedreiging vir private eiendomsreg.

Die VF Plus verwerp ook die wetsontwerp en sê dit kan, soos dit nou geskryf is, die onteiening van onder meer grond sonder vergoeding moontlik maak.

Grondwethof

Die VF Plus sê die party is bereid om Grondwethof toe te gaan om die wet te stuit.

“Die VF Plus sal gesprek voer met alle partye wat teen die wet gekant is aangesien daar ’n tegniese bepaling is ingevolge waarvan die wetsontwerp eers na die Grondwethof verwys moet word indien ’n derde van die parlementslede dit versoek,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

“Die Grondwethof moet dan bepaal of die beoogde wet grondwetlik is voordat die president dit kan afteken. Onteiening sonder vergoeding is ongrondwetlik en kan nie toegelaat word in Suid-Afrika nie. Grondeienaarskap en die beskerming daarvan is juis een van die pilare van ’n demokrasie, en veral ’n grondwetlike demokrasie,” sê die VF Plus.

ANC gebruik agterdeur-taktiek

Me. Samantha Graham-Maré, DA-LP en die party se skaduminister vir openbare werke en infrastruktuur, sê die ANC probeer die onteieningswet “by die agterdeur laat inglip”.

In ’n verklaring sê sy die wetsontwerp soos dit nou daar uitsien, dui op ’n kru poging van die ANC om onteiening sonder vergoeding deur middel van gewone wetgewing wet te maak.

“Die wetsontwerp oor onteiening se primêre doel was nooit om as ’n instrument vir grondhervorming ingespan te word nie,” sê sy. “Dit is veronderstel om as ’n bygewerkte raamwerk te dien wat staatsonteiening beheer wanneer dit vir ’n openbare doeleinde óf in openbare belang gedoen word, en ook onderhewig aan vergoeding.

“Dit word al hoe meer duidelik die ANC is van plan om die onteieningswet eerder te gebruik as ’n siniese verkiesingsinstrument as om ’n goed opgestelde wet op te stel wat Suid-Afrika se huidige, uitgediende onteieningsraamwerk wat na 1975 terugdateer, moet vervang.

“Die DA het deur sy stryd in die komitee probeer verseker dat staatsmag ingekort word ten gunste van individuele regte. Na aanleiding van ons pogings is ’n wesenlik gewysigde stuk wetgewing aan die komitee voorgelê. Terwyl die wetsontwerp voortgegaan het om die ‘onteiening sonder vergoeding’-narratief te bevorder, het dit klousules en wysigings ingesluit wat eienaars toegelaat het om teenaanbiedinge oor voorgestelde vergoeding te maak. Dit was ’n uitstekende stap om die mag van die staat en die individu te balanseer.

“ ’n Verdere insluiting was ’n sonsondergangklousule wat vereis het dat die onteieningsowerheid ’n onteiende eiendom vir die beoogde doel en binne ’n vasgestelde tydraamwerk gebruik, by gebreke waarvan die oorspronklike eienaar eerste reg gehad het om die eiendom terug te koop. Dit is baie jammer dat die ANC geweier het dat die twee klousules in die finale weergawe van die wetsontwerp bly.”

Volgens haar is die wet waaroor die komitee vandeesweek gestem het, ’n middelmatige stuk wetgewing. Die DA meen dit sal nie die grondwetlike prosesse slaag nie.

“Die wet steun swaar op ’n ondeurdagte aanname dat die regering onskadelik is en net die beste belange van sy inwoners op die hart dra. Ons weet almal dat niks verder van die waarheid af kan wees nie.

“Dit is kommerwekkend dat die ANC aanhou om die regte van individue te ignoreer.”

Albei partye het aangedui daar sal met alle partye wat teen die wet gekant is, in gesprek getree word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot