
As die voorgestelde Grondwet vir Zimbabwe aanvaar word, sal dit dié regering beskerm om vergoeding te betaal vir grond wat sedert 2000 beset is.
Die Commercial Farmers’ Union (CFU) het die voorgestelde dokument gekritiseer, want volgens hom waarborg dit nie sekerheid van eiendomsreg nie.
Luidens ’n berig op News24.com sal dit potensiële beleggers die skrik op die lyf jaag om in Zimbabwe se landbousektor te belê.
Kundiges lê die skuld vir die voedseltekort wat die land tans ervaar, voor die deur van Zimbabwe se omstrede grondhervormingsproses. Die Europese Unie het verlede week bekend gemaak dat hongersnood sowat 1,6 miljoen inwoners in Suid-Afrika se buurland in die gesig staar.
Teleurgesteld
Mnr. Charles Taffs, voorsitter van die CFU, sê baie vrae bestaan oor die spesifieke bepalings van beskerming van eiendomsreg, die doeltreffendheid van die voorgestelde grondkommissie en beperkings rakende die staat se mag.
“Ons is teleurgesteld dat die party betrokke by die Global Parties Agreement (GPA) ’n geleentheid misgeloop het om ’n gesonde regsraamwerk, wat ’n behoorlike sake-omgewing sou stimuleer, beleggersvertroue en die nasionale ekonomie kon herstel, daar te stel,” aldus Taffs.
Bron: News24.com