AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Onwettige handel van sigarette oordryf, sê Fita

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Multinasionale maatskappye oordryf die omvang van die onwettige handel van sigarette ten einde die staat en die publiek te mislei en die aandag af te lei van hul kwynende markaandeel, sê die Fair Trade Independant Tobacco Association (Fita).

Luidens ’n verklaring wat Fita gister uitgereik het, steun die organisasie die staat en belanghebbendes in die tabakbedryf se pogings om die onwettige handel van sigarette te stuit. Fita meen egter dat dit eerder op ’n holistiese manier gedoen moet word as om te konsentreer op ’n paar aspekte daarvan wat ooreenstem met die narratief wat deur sommige multinasionale maatskappye aangevoer word.

“Dit is ’n ou praktyk van multinasionale maatskappye om die omvang van die onwettige handel van sigarette en ander tabakprodukte te oordryf. Dit gebeur nie net in Suid-Afrika nie,” lui die verklaring. “Nog ’n voorbeeld is ’n onlangse verslag van ’n KPMG wat in opdrag van multinasionale maatskappye in Australië opgestel is. Dit is skerp gekritiseer is deur ’n onafhanklike ontleder en die Australiese regering.

“Geloofwaardige studies deur onder meer akademici by die Universiteit van Kaapstad het bevind dat die voorkoms en omvang van die ‘onwettige handel’ in tabakprodukte gereeld oordryf word om beleid en riglyne vir die bedryf te beïnvloed, asook wetstoepassers se aandag af te lei van minder bekende praktyke soos skemas om belasting te vermy of die belastingbasis te erodeer. Fita stem heeltemal met hierdie studies saam.”

Fita meen dat bogenoemde skemas uitsluitlik deur multinasionale maatskappye bedryf word omdat dit vir plaaslike vervaardigers onmoontlik is om by sulke praktyke betrokke te raak, selfs al wil hulle. “Die aard van hierdie tipe praktyke is sodanig dat slegs multinasionale maatskappye daarby betrokke kan raak.”

Volgens Fita neem plaaslike klein vervaardigers die afgelope paar jaar markaandeel by multinasionale maatskappye weg. “Dit is grootliks weens die regering se pogings die afgelope 20 jaar om rook en die verbruik van tabakprodukte hok te slaan.

“Die mark ervaar egter noemenswaardige verskuiwings ten opsigte van die dinamika tussen die tradisionele groot en meer bekende multinasionale maatskappye, en plaaslike vervaardigers. Plaaslike vervaardigers het al jare daarin geslaag om vastrapplek in die algehele mark te verkry. Hierdie dinamika het gelei tot twyfelagtige praktyke en aksies deur die multinasionale maatskappye in hul pogings om hul markaandeel in ’n kwynende mark te behou.

“Om dit eenvoudig te stel, hoewel daar vandag minder rokers in Suid-Afrika is as 20 jaar gelede, is baie rokers nie meer so handelsmerkbewus wat meer bekende multinasionale handelsmerke betref nie. Hulle neig eerder na sommige plaaslike handelsmerke.”

Fita noem verder dat ernstige bewerings die afgelope paar jaar gemaak is dat British American Tobacco (BAT SA en BAT Plc) betrokke is by bedryfspioenasie, nie-mededingende gedrag, onwettige spioenering, die smokkel van sigarette na Suid-Afrika via Mali, korrupsie, die finansiering van terroristiese aktiwiteite en geldwassery.

“Fita het nog geen bewyse gesien dat wetstoepassers hierdie bewerings ondersoek nie. BAT SA en BAT Plc het jare gelede gesê dat ‘interne ondersoeke’ onderneem sal word, maar het nog nie die publiek hieroor ingelig nie.

“Fita daag BAT SA en BAT Plc weer uit om die bevindinge van hierdie ondersoeke bekend te maak. Ons versoek ook die media om eens en vir altyd te vra hoekom hierdie spesifieke multinasionale maatskappy uit sy pad gaan om verantwoordbaarheid te vermy.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot