
Navorsing oor die impak van droogte op die Bergrivier-riviermonding vanaf 2015 tot 2017 dui daarop dat die Bergrivier-ekostelsels in ’n slegter toestand is as wat voorheen vermoed is.
Die navorsing het bevind dat om dié ekostelsels te bewaar, moet meer vars water deur die riviermond vloei om die gewenste watervlak vir ekologiese gesondheid te verseker. Daarom word verbeterde monitering en regulasies vir die onttrekking van water aan die rivier benodig.
Volgens die bevindings bereik genoeg water die riviermond gedurende die winter, maar nie gedurende die somer nie.
Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse premier, sê die doel van die memorandum is die uitruil van inligting oor 17 aanlegte vir die suiwering van afvalwater langs die Bergrivier. Dié program, wat deur Denemarke gefinansier word, sal konsentreer op die verbetering van bestuur en tegniese vaardighede sodat dié aanlegte doeltreffender bedryf kan word.
Die memorandum sal volgens Bredell ’n belangrike rol speel in die verbetering van die gehalte van water wat die aanlegte in die rivier terugplaas.
Behalwe dat die Bergrivier-riviermond as ’n Ramstar-terrein van internasionale belang erken word, het dit ook noemenswaardige ekonomiese waarde. Volgens die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning voorsien dit jaarliks goedere en dienste ter waarde van R378 miljoen. Die riviermond se jaarlikse bydrae tot eiendomswaarde is R168 miljoen. Die riviermond se batewaarde word op meer as R5 miljard geraam.