As Russiese troepe aan besette gebiede onttrek, lyk die patroon byna oral dieselfde: Die meeste plase en ondernemings is geplunder. Wat die Russe nie kon steel nie, het hulle vernietig. Miljoene stuks pluimvee en honderdduisende perde, varke en beeste is doodgemaak.
Sedert sowat 200 000 Russiese troepe Oekraïne op 24 Februarie 2022 binnegeval het, het die produksie van landbouprodukte aansienlik afgeneem weens verliese in die besette gebiede en sones van aktiewe militêre operasies.
Die inkomste van die bevolking het ook gedaal weens die sluiting van baie besighede, en ’n wanbalans tussen vraag en aanbod het ontstaan.