AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Oos-Kaapse beesboer se werkers vind sy gesteelde beeste

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van die beeste wat terug gevind is. Foto: Verskaf
Van die beeste wat terug gevind is. Foto: Verskaf
’n Beesboer van die Oos-Kaap het danksy sy werkers se harde werk en lojaliteit beeste wat gesteel is gevind.

’n Beesboer van die Oos-Kaap het 35 van sy 41 gesteelde beeste terugvind danksy sy werkers se harde werk en lojaliteit. Die beeste is ’n week gelede (17 November) gesteel.

“My werkers het hul lewe in gevaar gestel om die diere terug te kry. Die diewe kon op hulle geskiet het,” sê mnr. Peter Harvey van Maclear in die Oos-Kaap.

Die beeste is sowat 45 km van sy plaas in ’n plantasie naby Tsolo in die voormalige Transkei opgespoor, vier dae nadat die diere van sy plaas verdwyn het.

“Ons was verpletter toe ons besef die diere is gesteel, maar ons is dankbaar ons kon 35 van die beeste terugkry.”

Volgens Harvey het hy en sy werkers verlede Donderdag agtergekom die beeste is gesteel toe hulle die diere getel het. Hy vermoed die diefstal het die vorige dag plaasgevind.

“My werkers het vasgestel waar die heining geknip is, die beeste se spoor gevolg en gevind daar is nog heinings geknip. Die diere is aangejaag in die rigting van die voormalige Transkei, wat ’n groot area is.”

Hulle kon geen bewyse kry dat die diere iewers opgelaai is nie. Daarna is die polisie en die veediefstaleenheid gekontak. Hy het ’n beloning van R20 000 aangebied vir enigeen met inligting.

“Ek het my werkers uitgestuur met ’n voertuig om te soek by al die moontlike plekke waar die beeste geneem kon word. Ná omtrent vier dae het ons hulle in die plantasie opgespoor.”

Die diere is bymekaar gemaak en na die Tsolo-skutkrale geneem, waarna Harvey vragmotors moes huur om die diere weer terug op die plaas te kry.

“Ons kort nog vyf koeie en een bul. Die werkers soek steeds, maar die kans is skraal dat ons die vermiste beeste sal terugkry.”

Harvey sê hy weet nie wie die diere gesteel het nie, maar hy is oortuig die diewe het die beeste dopgehou. Hulle het hul kans afgewag om die diere tydens volmaan te steel.

Hy vermoed die diere is weggesteek met die plan om hulle te slag soos nodig, aangesien die diere slaggereed is en vir die Kersmark bemark kon word.

Die swart Brangusbeeste is deel van ’n kudde wat hy opbou vir ’n stoetery.

Hy is dankbaar vir die ondersteuning wat hy van boere ontvang het wat gebel het en gesê het hulle sal bystand bied. Een van sy buurmanne het selfs met sy helikopter gaan soek, maar kon nie die diere opspoor nie.

Hoewel daar soms enkele diere op sy plaas verdwyn, het hy nog nie voorheen probleme met diefstal op hierdie skaal gehad nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
19.32
+0.4%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,634.65
-0.5%
Silwer
18.72
-0.8%
Palladium
2,055.00
-0.9%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot