AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Oos-Londense hawe weer uitvoerpunt vir mielies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Nadat mielies in 2012 laas deur die Oos-Londense hawe uitgevoer is, word die hawe weer vir die uitvoer van mielies benut.

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir graan-en-oliesadehandelaars (Sacota) het verlede November gesprekke met Transnet-haweterminale (TPT) in Oos-Londen begin voer om dié hawe in te span vir die uitvoer van die groeiende mielieproduksie en die surplus voorraad wat die afgelope twee jaar opgehoop het. Vertragings in die Durban-hawe dwing graanuitvoerders om ander uitvoerroetes te vind.

Dr. André van der Vyver, uitvoerende direkteur van Sacota, sê die naweek is begin met die laai van die eerste besending mielie-uitvoer op ’n vragskip. Nog ’n vragskip sal binnekort aankom.

Van der Vyver sê danksy moderne produksietegnologie oorskry die gemiddelde groei in plaaslike mielieproduksie die afgelope 12 jaar die gemiddelde groei in vraag. Daarom is die vooruitsig vir die diepsee-uitvoer van Suid-Afrikaanse mielies gunstig.

“Die uitvoer van mielies is nie ’n eenmalige geleentheid nie. Suid-Afrika sal waarskynlik voortgaan om jaarliks mielies uit te voer. Dit kan geleenthede in die toekoms skep om weer die Oos-Londense hawe se uitvoerterminaal vir mielies te gebruik.”

Die Oos-Londense hawe het ’n graanhyser en ’n totale opbergingsvermoë van 76 000 ton in 83 silo’s. Dit is volgens Van der Vyver meer as voldoende.

Die Oos-Londense hawe het in die verlede ’n belangrike rol in die in- en uitvoer van graanprodukte gespeel. Tot in 2012 is die meeste witmielies deur dié hawe uitgevoer. Daarna het Durban-hawe egter dié uitvoer oorgeneem. Die Oos-Londense hawe, wat aanvanklik net vir uitvoer ingerig is, is opgeknap om voorsiening vir invoer te maak. Daarom kon 200 408 ton witmielies in 2017 gedurende die droogte deur die hawe ingevoer word.

Geleentheid, maar ook probleme

Hy waarsku dat ten spyte van die Oos-Londense hawe se relatiewe sukses vergeleke met Suid-Afrika se ander hawens, is daar verskeie langtermynprobleme by dié hawe, onder meer met toerusting, asook die voorsiening en ontvangs van produkte. Volgens hom sal dit nuwe beleggings noodsaak.

“Gelukkig is die private sektor gewillig om aan ’n gesamentlike onderneming deel te neem. Onder die lede van Sacota is daar dosyne multinasionale ondernemings wat logistieke en hawe-infrastruktuur reg oor die wêreld besit of huur. Met die regte geleenthede en samewerking met die regering sal hulle gewillige beleggingsvennote vir Suid-Afrika wees.”

Hy sê Suid-Afrika benodig nog ’n hawe vir die diepsee-uitvoer van graan. “Oos-Londen het die potensiaal daarvoor en kan in die proses ook die Oos-Kaap se ekonomiese potensiaal ontsluit. Elke vragskip mielies wat deur Oos-Londen beweeg, verdien sowat R200 miljoen in buitelandse valuta en is ’n inspuiting vir die plaaslike ekonomie.”

Hy sê die heropening van die Oos-Londense hawe is te danke aan die samewerking tussen Sacota, sy uitvoerlede en die TPT in Oos-Londen. “Dit is ’n noemenswaardige suksesverhaal en behoort te dien as ’n voorbeeld van wat vermag kan word as die openbare en private sektor saamwerk. Dink net wat nog vermag kan word met bykomende hulp en belegging van die regering en die private sektor.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
-1.3%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.59
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.52
-0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,708.09
-1.1%
Silwer
20.30
-3.6%
Palladium
2,254.00
-3.0%
Platinum
913.50
-2.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot