AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Opleiding maak plaaswerk professioneel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
’n Nuwe e-leerplatform vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf gee nie net wingerdwerkers vir die eerste keer kans om hul vaardighede aanlyn te verbeter nie, maar dit maak ook van plaaswerk ’n professionele werkgeleentheid.

“Dis dalk eenvoudig vir ’n besigheid, maar dis baie betekenisvol as jy daardie vaardigheidsontwikkeling kan bied,” het mnr. Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro, tydens die bekendstelling van Winetech Mensontwikkeling se aanlyn platform in die Paarl gesê.

“Ons sê graag hoe uniek ons is wanneer ons met die res van die wêreld meeding. Ons het toerisme, Chenin blanc, brandewyn en Pinotage, maar die een ding wat ons het wat ander nie het nie, is mense. Dis die een ding wat oor baie jare ’n verskil gemaak het in wie ons is, hoe ons meeding en hoe ons in diens neem,” het Basson gesê.

Volgens hom word daar tien werkgeleenthede in die ketting geskep vir elke werkgeleentheid wat op plase ontstaan.

Mnr. Conrad Schutte, bestuurder van wingerdboukundige dienste by Vinpro, het gesê hulle werk al bykans agt jaar lank aan die platform, wat aan persone reg oor die wynbedryfwaardeketting topgehalte opleiding in eenvoudige en toeganklike formaat bied.

Volgens hom is die huidige opbrengs op belegging in die wynbedryf minder as 2%, maar die bedryf se mikpunt is om op meer as 5% te wees teen 2025. Arbeid maak sowat 30% van wynboere se produksiekoste uit en kan in die nabye toekoms selfs meer wees. Opleiding is ’n belangrike manier om dié hulpbron doeltreffender aan te wend.

“Daar is 269 096 werknemers in die wynbedryf, waarvan 46 575 plaaswerkers is en 33 598 kelderwerkers. Ons het besef daar is ’n gaping in tegniese wingerdkennis onder Suid-Afrika se wynplaaswerkers.”

Met ’n DVD-pak het hulle die afgelope sewe jaar altesaam 5 256 werkers prakties op plase opgelei. Die e-leerplatform stel hulle egter in staat om baie meer mense te bereik.

Lisensie

Wynondernemings kan ’n jaar lange lisensie vir die e-leerplatform bekom. Daarna volg ’n sessie wat ’n spanleier oplei, sodat hulle hul eie spanlede op die stelsel kan laai en elkeen toegang kry tot die platform deur ’n rekenaar of slimfoon. Spanleiers dien dus as opleiers wat hul eie wingerdwerkers se leer bemiddel met die steun van die Vinpro-opleidingspan. Wanneer die eerste groep werkers die opleiding voltooi, word die spanleiers by die SA wynbedryf se professionele liggaam, SAWIPB, as wingerdwerkervoormanne met spesiale status en erkenning geregistreer.

Me. Kachné Ross, bestuurder van Winetech Mensontwikkeling, sê haar hart word warm as sy dink watter geleenthede die opleiding vir die bedryf inhou. Die platform, wat tien modules bevat, voorsien opleiding aan mense in primêre en sekondêre produksie, bemarking, verkope en toerisme, asook logistiek en verspreiding.

“Ons kan nie net oplei ter wille van syfers nie, maar mense moet weet wat hulle geleer het, dit kan toepas en kan identifiseer waar hulle dit kan toepas.”

Me. Ruth Faro, wingerdboukundige van Bosman Adama, sê die opleiding gaan nie net oor wát jy doen nie, maar waarom jy dit doen.

“Hoe meer jy die waarom verstaan, hoe meer maak die praktiese sy ook sin. Die waarde van die opleiding is nie net in die wingerd nie, maar ook hoe dit mense se moreel en hoe belangrik dit hulle laat voel om die geleentheid te kry.”

Basson sê tydens covid-19 moes die wynbedryf werklik veg om lewens en lewensmiddele te red, maar nou wil hulle lewens en lewensmiddele verander.

Vinpro het reeds na ander landboubedrywe, soos die vrugte-, sitrus- en rosyntjiebedryf, uitgereik om te kyk of die platform na hulle toe uitgebrei kan word.

Besoek https://www.youtube.com/watch?v=py-ZSN5Of_w vir ’n video oor die opleiding. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot