AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Oppas vir beleggings in skaliegas - TKAG

’n Waarskuwing om nie oorhaastig beleggings in skaliegas te doen nie, is deur die TKAG uitgereik.

Die implementering van bestaande tegnologie vir die ontginning van skaliegas in Suid-Afrika, “is geheel en al onvanpas” vir plaaslike toestande, en die aansoekers vir prospekterings- en mynlisensies en die staat sál in die hof gedaag word oor dié kwessie.

Dít was die waarskuwing van mnr. Jonathan Deal, voorsitter van die Treasure the Karoo Actiongroup (TKAG), aan afgevaardigdes op die Southern Africa Oil & Gas Summit in Kaapstad.

Deal het afgevaardigdes ook aangemoedig om nie oorhaastig beleggingsbesluite oor die ontginning van skaliegas in Suid-Afrika te maak nie. Hy sê ’n onlangse opname wat deur PricewaterhouseCoopers (PWC) gedoen is, het bevind dat die gebruik van skaliegas nie die land se vrystelling van kweekhuisgasse voldoende sal verlaag nie. Volgens die opname sal die land se vrystelling jaarliks met 5,1% moet verlaag om aardverwarming teen te werk, maar met behulp van skaliegas sal dit slegs teen 3% per jaar plaasvind.

“PWC het ook die standpunt gemaak dat ’n duidelike aanduiding bestaan dat die strewe na skaliegas net die gebruik van hernubare energie en groen tegnologie gaan vertraag, en ontwikkelende lande gaan vasvang in afhanklikheid van fossielbrandstowwe,” sê Deal in ’n verklaring. Hy het verskeie hindernisse van skaliegas-ontginning aan die beraad voorgehou.

Hindernisse in die pad van ontginning
Die eerste hindernis wat Deal uitgewys het, was die feit dat ’n groot aantal departemente en rolspelers wat deur skaliegas ontginning geraak sou word, nie in die verslag wat me. Susan Shabangu, Minister van Energie, aangevra het, ingesluit is nie. Dit sluit in die Departemente van Landbou, Bosbou en Visserye, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Toerisme, Vervoer, Gesondheid, die SA Inkomstediens en omgewingsbewaringsgroepe.

’n Hindernis wat groot kommer veroorsaak, is die staat se onvermoë om mynaktiwiteite te monitor en om die standaarde wat vir veiligheid en tegniese aspekte nagekom moet word, te implementeer. Verder bestaan kommer oor die verskeie gesondheidsverslae wat deur wetenskaplikes en geneeskundiges in Amerika gepubliseer is, wat nie formeel deur die Suid-Afrikaanse Regering erken word nie.

Deal sê die rehabilitasie van die Karoo-omgewing – waar die eerste aansoeke vir prospektering reeds ontvang is – gaan die belastingbetaler reuse-bedrae geld uit die sak jaag. In Texas het ses state meer as VSA$500 miljoen vir dié doel van 2011 tot 2016 begroot.

Die land se paaie sal volgens Deal ook nie in staat wees om die bykomende verkeer wat die ontginning van dié gas in die Karoo tot gevolg sal hê, te hanteer nie. “Suid-Afrikaanse paaie is reeds in verval en kan bykans nie die bestaande verkeersvolumes hanteer nie.”

Volgens Deal bestaan daar geen vinnige oplossings vir die kwessie nie, en hy moedig die staat aan om ingeligte besluite te neem.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-0.2%
Rand - Pond
20.22
+0.0%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,721.27
-0.3%
Silwer
20.86
-1.0%
Palladium
2,304.00
-0.8%
Platinum
927.00
-0.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot