AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Oppas vir nuwe vlaag veesiektes – dr. Faffa

Die nuwe vlaag veesiektes is die gevolg van uitwendige parasiete, soos bosluise en muggies, wat gedurende die reënseisoen toeneem, sê dr. Faffa Malan.

Talle gevalle van Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplasmose is gedurende September landwyd by veeartse aangemeld en boere word aangeraai om nou goed na parasietbesmettings op te let.

Die nuwe vlaag siektes die gevolg van uitwendige parasiete soos bosluise en muggies wat gedurende die reënseisoen toeneem, aldus die September-verslag van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).

Volgens dr. Faffa Malan, bestuurder van RuVASA, laat warm weer en reën uitwendige parasiete floreer. Gevolglik kom bosluise en bytende vlieë weer wyd en in groot getalle op vee voor. Bosluise dra siektes soos Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplasmose oor. Bontpootbosluise veroorsaak sweetsiekte en ernstige wonde op die vee wat met spykerwurms besmet word.

Bloubosluise se weerstand teen verskillende veemiddelgroepe neem toe. Boere moet hul veeartse vra hoe hulle hierdie gevaar kan bestuur. Veral biosekerheid is ‘n belangrike maatreël om te voorkom dat weerstandige bosluise saam met ingekoopte vee na ‘n plaas geneem word. Hulle kan ook verhoed dat bosluisoordraagbare siektes hand uitruk deur vee in te ent.

Kyk na die tabel hieronder vir die siektes en toestande wat gedurende September by Malan aangemeld is.

Insekoordraagbare siektes

“Moenie nalaat om vee teen insek-oordraagbare siektes in te ent nie,” waarsku hy. Met die reënseisoen op hande neem die gevaar van insekte wat draers van siektes is toe. Dit kan met inenting voorkom word.

Inwendige parasiete

Boere moet in pasoppens weens vir die uitbreek van veral haarwurms wanneer dit goed begin reën. Kliniese tekens is bloedarmoede, kwakkeel, gewigsverlies en maagwerking. ‘n Veearts kan raad gee oor miseiertellings om vas te stel watter wurmmiddels nog goed in ‘n betrokke omgewing werk om die wurms te beheer.

Geslagsiektes

En nog steeds slaan menige veeboer nie ag op waarskuwings oor die gevaar van geslagsiektes soos trigomonose wat onstuitbaar voortwoed nie. Ongetoetste bulle wat ingekoop word met dié siekte is dikwels die oorsaak van ‘n besmette kudde. Maak ook seker hekke is toe en heinings is in ‘n goeie toestand om bure se bulle uit te hou.

Bakteriese siektes

Meeste van hierdie siektes kan ook met entstowwe beheer word. Boere moet vasstel watter siektes in hul omgewing voorkom en die inentingsprogram opdateer. Bestel entstowwe en skraagdosisse betyds.

Veral brusellose is ‘n bakteriese siekte wat amok onder veekuddes maak en boere groot skade berokken. “Dit is almal se plig om brusellose te beheer en uit te roei,” sê Malan. Volgens wetgewing moet alle verse op die ouderdom van vier en agt maande met stam 19- of RB51-entstof ingeënt word. Laasgenoemde kan op enige ouderdom toegedien word, maar moenie dragtige diere inent nie, want dit kan aborsies veroorsaak.

Virussiektes

Daar is geen behandeling vir virussiektes nie; gevolglik moet vee ingeënt word indien entstof beskikbaar is. Daar is egter nie ‘n entstof  vir snotsiekte nie, hoewel ‘n entstof tans getoets word en hopelik teen die einde van die jaar vir registrasie aangebied sal kan word.

Vergifting

Giftige plante is dikwels groener as die veld en lok diere. Boere moet hulself op die hoogte van gifplante in hul omgewing en die tekens van vergiftiging bring sodat hulle die regte behandeling kan toepas. Tulp, Senecio en inkbessieplant is tans die grootste oorsaak van vrektes weens vergiftiging.

RuVASA se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor die voorkoms van siektes, maar veral om siektes wat in hul gebied voorkom of kan voorkom, voorkomend te bestry en te let op diere wat met siektes en parasiete ingekoop word.

Vir meer besonderhede besoek RuVASA se webwerf:  www.ruvasa.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
+1.1%
Rand - Pond
20.24
-0.2%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,725.20
+1.5%
Silwer
21.03
+1.5%
Palladium
2,310.39
+3.9%
Platinum
934.70
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot