AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9384
0,00
CORN
03 Okt
-
4797
0,00
SOYA
03 Okt
-
9314
0,00
SUNS
03 Okt
-
10079
0,00
WEAT
03 Okt
-
7065
0,00
WMAZ
03 Okt
-
4845
0,00
YMAZ
03 Okt
-
4793
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Oppas vir veesiektes ná baie reën

Wees bedag op virussiektes by vee ná die milde reën, waarsku dr. Faffa Malan.

Die milde reën oor groot dele van die land skep ’n teelaarde vir virussiektes by vee wat deur muggies, muskiete en bytende vlieë oorgedra word, se dr. Faffa Malan, bestuurder van RuVasa (Herkouer-veterinêre Vereniging van Suid-Afrika).

Hierdie siektes is bloutong, Slenkdalkoors, Wesselsbronsiekte, drie-dae-stywesiekte, knopvelsiekte en perdesiekte. Teen virusse is daar geen behandeling nie; daarom moet diere voorkomend ingeënt word. Die siektes word simptomaties behandel. Veeartse kan waardevolle raad gee.

Dié situasie word vererger deur ’n tekort aan entstowwe wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig word.

Malan sê weens hierdie tekort is daar ’n groot aantal diere wat nog nie ingeënt is nie. Boere moet dus sorg dat hulle insekbeheer toepas deur diere met piretroïede wat insekte beheer, te behandel en hulle weg te hou van riviere, vleie en strome sodra die eerste tekens van hierdie siektes voorkom.

Die eerste gevalle van bloutong is reeds in die Wes-Kaap aangemeld, wat vroeër as gewoonlik is.

Namate entstowwe weer beskikbaar word, moet jong diere wat nog nooit voorheen ingeënt is nie, eerste ingeënt word.

Verdere inligting oor al hierdie siektes is beskikbaar op www.landbou.com in die rubriek Vra vir Faffa waar hy en ander kenners vir boere raad gee.

Malan sê knopvelsiekte kan nou ook deur sekere soorte bosluise veroorsaak word, is onlangs bevind. Vir hierdie siekte is daar wel entstof van farmaseutiese maatskappye beskikbaar.

“Ek vertrou OPB se entstowwe sal eersdaags weer beskikbaar wees, soos wat hulle onlangs aangedui het,” sê Malan. “Hopelik het hulle nou hul probleme met vervaardiging opgelos en kan broodnodige entstowwe nou weer beskikbaar raak. Boere moet hul plaaslike veearts, landboumaatskappy of ander verskaffers vir voorrade kontak.”

Hy raai veeboere aan om hul veeartsenykundige program met ’n veearts te bespreek om probleme met abortering by dragtige diere en onvrugbaarheid by manlike diere te vermy wanneer entstowwe verkeerd toegedien word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
+0.2%
Rand - Pond
20.14
+0.3%
Rand - Euro
17.53
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,699.85
0.0%
Silwer
20.89
+0.9%
Palladium
2,243.05
+0.8%
Platinum
910.54
+0.7%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
57,850
0.0%
Alle aandele
64,227
0.0%
Hulpbronne 10
61,646
0.0%
Industriële 25
77,524
0.0%
Finansiële 15
13,815
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot