AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Optimisme oor Sanral NK-paaie oorneem

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die berugte Landbouweg in Kimberley wat deel is van die R31, gaan deur Sanral oorgeneem word. Foto: Charné Kemp
Die berugte Landbouweg in Kimberley wat deel is van die R31, gaan deur Sanral oorgeneem word. Foto: Charné Kemp
Hoewel daar optimisme is oor ’n aankondiging in die Staatskoerant dat sekere besige en vervalle Noord-Kaapse paaie deur Sanral oorgeneem en nasionale paaie sal word, heers vrae oor ’n grondpad wat onderhou moet word totdat dit van nuuts af geteer word.

Sanral se aankondiging is veral verwelkom in landboukringe, wat al lankal voorbrand vir dié stap maak.

Die nuus oor die oorname van die vervalle R31-roete wat veral deur swaarvoertuie gebruik word om landbou- en mynbouprodukte te vervoer, is wyd verwelkom. Landbouweg in Kimberley, wat deel is van die R31, is ook ingesluit. Die volgende roetes word oorgeneem:

  • R31 vanaf Santoy tot in Kuruman, van Kuruman na Daniëlskuil tot by die aansluiting met die R385, vandaar verby Delportshoop, deur Barkly-Wes na Kimberley.
  • ’n Gedeelte van Oliverstraat in Kimberley waar dit by die N8 aansluit.
  • R380 van Santoy tot by McCarthy’s Rest.
  • R325 van Postmasburg tot waar dit by die N14 aansluit.
  • R385 van Daniëlskuil tot Postmasburg.
  • R58 van Colesberg tot by Norvalspont.
  • R382 van Alexanderbaai deur Port Nolloth tot by Steinkopf.
  • R48 van Philipstown tot Petrusville tot waar dit aansluit by die R369.
  • R389 van Hanover tot Philipstown.
  • R369 van Hopetown tot by die aansluiting met die R48.

Volgens mnr. Nicol Jansen, voorsitter Agri Noord-Kaap, sal die landbousektor gewis baat vind by beter padinstandhouding. Paaie is onder erge druk vanweë mynbou-grondstowwe wat  padlangs vervoer word.

Voorspraak

“Agri Noord-Kaap het meer as ’n jaar gelede begin om voorspraak hiervoor te maak. Grondstowwe soos mangaan van Noord-Kaapse myne vind meestal hul weg padlangs na die Oos-Kaapse hawens vir uitvoer na China.  Ystererts van Kumba se myne word op Transnet se spoorlyn van Sishen tot Saldanha op die Wes-Kus vervoer.”

Hy sê Sanral kan die paaie beter onderhou as die provinsiale departement van paaie en openbare werke wat begrotingstekorte ondervind en ook nie voldoende kapasiteit het nie. Hul begroting krimp jaarliks, terwyl sowat 22 000 km grondpaaie in stand gehou moet word. “Die meeste van die paaie moet weer ’n gruislaag kry, want dit is onvoldoende om dit net te skraap.

“Daar is voortdurende mededinging tussen die landbou en mynbou oor hulpbronne soos grond en water, maar ook vir hawe-kapasiteit en paaie. Die mynbou beleef tans ’n oplewing en die vele vragmotors plaas enorme druk op infrastruktuur. Die R31-roete is ’n smal pad en nie geskik om die volume en gewig van vragmotors te dra nie. Dieselfde geld die R369 van Hopetown na die Havengabrug, en die R48 en R389 via Petrusville en Philipstown na Hanover.

“Die landbousektor word aansienlik benadeel omdat die teerpaaie ongelooflik agteruitgaan het. Dit is lewensgevaarlik vir motoriste en boere wat die paaie daagliks moet gebruik.”

Hy sê hulle praat met Sanral sodat die swakste padgedeeltes geprioritiseer word vir instandhouding.

“Die ander kwelling is die R380- en R887-grondpad van Santoy na McCarthy’s Rest. Sanral het nie die vermoë om grondpaaie te onderhou nie. Die provinsiale departement wat gewoonlik die pad skraap en in stand hou, het nou opgehou om te doen.  ’n Tussentydse oplossing is nodig totdat ’n begroting gevind word om die pad te teer.”

Die R382 van Steinkopf na Alexanderbaai is ’n nuwe strategiese roete vir die Boegoebaaihawe-ontwikkeling, wat uitvoerboere bevoordeel. Sasol gaan ’n groen waterstof-aanleg in die spesiale ekonomiese sone in dieselfde omgewing bou.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot