AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Optrede oor swak paaie op VL-kongres geëis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Mnr. Francois Wilken. Foto: Verskaf
Mnr. Francois Wilken. Foto: Verskaf
Die toestand van die paaie in die Vrystaat was een van die groot besprekingspunte tydens Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres.

Vrystaat Landbou (VL) gaan “baie binnekort” ’n besluit neem oor moontlike regsoptrede teen die staat omdat hy versuim om die gehawende provinsiale paaie in stand te hou, sê mnr. Francois Wilken, nuut herverkose president van Vrystaat Landbou.

Streekverteenwoordigers op dié organisasie se jaarkongres in Bloemfontein het gevra dat dringend oplossings bedink moet word oor hoe om die paaie weer rybaar te maak.

Wilken het in sy presidentsrede gesê opnames het bevind dat die provinsie se paaie die swakste in Suid-Afrika is. Boere het alles probeer om die provinsiale regering te dwing om sy grondwetlike plig na te kom om paaie te onderhou.

“Jy weet, die boere word regtig gery. Ons is primêr voedselprodusente en ons is elke dag besig om ons werk te doen. Dan moet jy vanaand as die son sak patrollie ry en jou veiligheid bestuur en môre-oggend moet jy paaie regmaak. Dis nie ons werk nie. Daar is ’n staat aan wie ons belasting betaal wat dit vir ons moet doen.”

Hy het gesê die organisasie het ’n regsmening ingewin waar drie moontlike opsies voorgestel is. “Ons gaan besluit watter een van die drie kan ons by uitkom en as ons al drie moet gebruik, dan doen ons dit.”

Een van die voorstelle op die vergadering was dat landbou-ondernemings genader word vir hulp of samewerking om paaie na en van silo’s te onderhou, “al word dit gefinansier uit ’n klein graanheffing om sodoende ’n soort private oplossing te kry”, het die Waaihoek-boerevereniging voorgestel.

Wilken het ook daarop klem gelê dat gemeenskappe moet mobiliseer om in hul spesialisvelde oor te neem waar die staat misluk. “Kom ons vat hande en bou dorpe wat ons die toekoms invat. Die regering gaan dit nie vir ons doen nie.”

Landbou as politieke speelbal

Die organisasie maak ook sy rug styf teen politici wat die landbou as politieke speelbal gebruik en hy moedig landelike gemeenskappe aan om dieselfde te doen. “Dit is tyd dat ons opstaan en nie meer gedreig word deur ideologieë en populistiese uitsprake nie. Raak georganiseerd en raak betrokke. Neem beheer van jou situasie en gemeenskap. Moenie op iemand anders wag om dinge te verander nie. Bied weerstand teen korrupsie en swak dienslewering.”

VL se fokusgebiede is landelike veiligheid, eiendomsreg, ramp- en risiokobestuur, infrastruktuur en landbou-ontwikkeling, het Wilken gesê. Hy het veral veediefstal uitgesonder as ’n reuse-probleem in die provinsie wat boere reeds tot R1 miljard se skade berokken het. VL is saam met die Rooivleisprodusente-organisasie betrokke by optrede om veediefstal te bekamp “Veediefstal het ’n bedryf geword. Daardie veediewe bedryf ’n besigheid en betrek almal – van die polisie en staatsamptenare regdeur – om ’n inkomste te genereer.”

Wilken het sy organisasie se kommer uitgespreek omdat die hersiene landelike veiligheidsplan eers in 2025 ingestel word. “Dit is al twee jaar gelede bekend gestel.” Dit beteken dat boere steeds na hul eie veiligheid moet omsien. Die organisasie se volledige veiligheidstrategie word daarom gereeld hersien en bygewerk.

Wilken is op die jaarkongres herkies tot president van VL, terwyl mnr. Jacobus Stroebel tot vise-president verkies is in die plek van mnr. Tommie Esterhuyse, wat uitgetree het.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-1.2%
Rand - Pond
20.49
-0.4%
Rand - Euro
17.30
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,793.05
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Romanties, vriendelik, lojaal en eerlik, love my dogs big time :)
Ek is mal oor my twee dogters en ons kry baie onheil. Ek is op soek na 'n maat, 'n vennoot in misdaad, om Sondagoggende saam met my op n breakfast run te gaan en dan...
Intelligente Onafhanklike Christen
Getroue en eerlike dame wat hou van kuns, lees, oefen, musiek en dans. Geniet ook rustige aande by die huis. My geloof, kinders, familie en vriende is vir my baie belangrik.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot