AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

‘Oranjerivier-seun’ se dood lig risiko's van sonkrag uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Jannie Spangenberg in ’n vrolike bui tussen die wingerdstokke op sy gesin se Zwartbooisberg-boerdery. Die gemeenskap van die Noord-Kaapse distrik Kakamas rou oor die dood van hierdie vrygewige en hoogs gemotiveerde boer. Foto: Sarie Pool Strijdom/Facebook
Mnr. Jannie Spangenberg in ’n vrolike bui tussen die wingerdstokke op sy gesin se Zwartbooisberg-boerdery. Die gemeenskap van die Noord-Kaapse distrik Kakamas rou oor die dood van hierdie vrygewige en hoogs gemotiveerde boer. Foto: Sarie Pool Strijdom/Facebook
Die onlangse dood – blykbaar weens elektrokusie – van ’n geliefde druiwe-en-veeboer in die Noord-Kaapse distrik Kakamas het nie net die plaaslike gemeenskap in rou gelaat nie, maar dien ook as ’n belangrike waarskuwing vir ander oor die potensiële gevare van hernubare-energiestelsels.

Mnr. Jannie Spangenberg (67) is onlangs dood nadat hy geskok is terwyl hy glo ’n transformator wat aan sy Zwartbooisberg-boerdery se grootskaalse sonkragstelsel gekoppel is, ondersoek het.

Mnr. Wiaan van Rensburg, voorsitter van die Kakamas-landbou-unie, sê die gemeenskap is in skok en rou. “Oom Jannie was ’n oop mens. Hy het ’n oop hart, ’n oop gemoed en ’n oop hand teenoor kerke, skole en die hele landbou- en dorpsgemeenskap hier gehad. Hy wou net hê alle tipe mense moet die lewe geniet.

“Opgee was ook nie iets van hom nie. Hy sou altyd met ’n plan vorendag kom as ’n probleem opduik. Hy het voluit geleef. Oom Jannie het in die Augrabies-omgewing grootgeword en baie jare lank hier by Kakamas geboer. Hy was in alle opsigte ’n Oranjerivier-seun.”

Mnr. Jock Brown, voorsitter van Suid-Afrika se vereniging vir hernubare energiepraktisyns (AREP) en tegniese direkteur van Broadreach Energy, sê Spangenberg se dood is “uiters hartseer”.

Brown sê hoewel die konsep van sonkrag as ’n bron van hernubare energie reeds baie jare lank bestaan, word steeds na die vinnig groeiende private gebruik daarvan reg oor die wêreld, insluitend in Suid-Afrika, verwys as ’n “opkomende tegnologie”.

“Talle energiestelsels hou inherente risiko’s in. Aangesien private sonkrag relatief nuut is, pas ons bestuursmeganismes toe om die risiko’s te verminder. In Suid-Afrika ontwikkel ons opleidingsprogramme spesifiek vir sonkrag. Dié sal mense leer hoe om sonkragstelsels veilig te installeer en daarmee te werk.”

Hierdie opleiding sluit tans AREP se P4-program en die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging se PVGreenCard-program in.

Brown wys daarop dat die gelykstroom- én die wisselstroomelektrisiteit wat deur, binne en van ’n sonkragstelsel vloei, skadelik of dodelik vir ’n mens kan wees. As iemand dus nie al die nodige voorsorgmaatreëls tref voordat hy met so ’n stelsel en sy verbindings met die nasionale of huishoudelike kragnetwerk werk nie, loop hy die risiko van ernstig beserings of noodlottige elektrokusie.

“Selfs die elektrisiteit van net een 52 V-sonpaneel op ’n huis se dak het die potensiaal om jou ernstig te beseer. Daar is ook die kleiner sogenoemde kampeersonkragstelsels. Dit het ook die potensiaal om mense seer te maak, en kan selfs ’n klein kind in die hospitaal laat beland.

“Die belangrikste ding om te onthou met kleiner stelsels is om eers al die instruksies te lees en te verstaan. Vir ’n groter stelsel moet die eienaar toepaslik gekwalifiseerd wees om daaraan te werk en, indien nie, moet hy iemand aanstel wat is.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot