
Mnr. Orton King, uitvoerende direkteur van die Agri Mega-groep en voormalige voorsitter van die AHI Wes-Kaap, is Dinsdag (30 Mei) deur Bredasdorp-polisie gearresteer op klagte van bedrog.
Volgens adjudant-offisier G. Swiegers, die saak se ondersoekbeampte, word King verdink van bedrog van R2.3 miljoen. Die klaer in die saak is 'n lid van Agri Mega se direksie.
King het die nag in die selle spandeer, waarná sy saak in die hof of Bredasdorp voorgekom het. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat en sal op 25 Julie weer in die hof verskyn.
Mnr. Jan Greyling, woordvoerder van Agri Mega, het bevestig dat Agri Mega bewus is van die saak. Volgens Greyling het Agri Mega tans geen kommentaar nie.