
Die Parlement maak hom gereed om 1 850 wette, wat uit die apartheidsera kom, te wysig.
Die departemente waaronder hierdie wette val en wat verantwoordelik sal wees om die nodige wysigings na die Parlement te bring, sal deur die instelling se regsafdeling aangewys word.
Ná die 2009 verkiesing, toe pres. Jacob Zuma aan bewind gekom het, het verskeie nuwe departemente ontstaan. Die enkele Departement van Landbou en Grondsake is byvoorbeeld ontbind en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is geskep, en die afsonderlike Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het tot stand gekom.
Toe departement geskei is
Die presidensie het in 2009, toe die departement geskei is, aangedui dat die rede daarvoor is om spesifiek ’n ministerie te skep wat nét op landelike ontwikkeling en grondhervorming fokus weens sy onvermoë om landelike ekonomieë beduidend te ontwikkel.
Die presidensie het destyds gesê dat dit ook sal help om te verseker dat landbouproduksie toeneem en beter fokus geniet.
Wetgewing of dele daarvan wat gewysig moet word om dit in lyn met die Grondwet te bring, sal bekendgemaak word sodra die departemente verantwoordelik daarvoor geïdentifiseer word.